ANDRÉ RIEU KONSERT MAASTRICHT

18 - 27 Julie 2025
Bootvaart Nederland en België met André Rieu konsert
BOOTVAART NEDERLAND en BELGIË met ANDRÉ RIEU-KONSERT 2025
18 – 27 Julie
Volbespreek! Indien u belangstel, stuur vir ons 'n navraag na info@toere.co.za of vul 'n inskrywingsvorm in sonder om 'n deposito te betaal. Ons sal u naam op 'n waglys plaas en u kontak sodra daar 'n kansellasie is.
R49 960 plus lughawebelasting, fooitjies van ongeveer R8 130, koste van visum en reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word (Sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)
Ons toer, wat 'n konsert op Vrijthof insluit, begin in Maastricht met die konsert aan die begin van die toer.
Ná ons eerste nag aan boord van die Otello, stap ons na die ou stad in Maastricht en ervaar die gewoel van hierdie stad wat soveel mense van heinde en verre lok.
Wanneer ons ná aandete na Vrijthof stap, is die atmosfeer elektries en moet jy jouself knyp om te glo dat jy op pad is na 'n Andre Rieu-konsert in Maastricht! Dit is 'n belewenis wat jy nooit vergeet nie!
Vanaf Maastricht vaar die Otello op 'n baie interesante roete en besoek ons antieke ou stede wat min Suid-Afrikaners nog beleef het. Dele van hierdie stede is wêrelderfenisgebiede.
Dit is 'n heerlike ontspanne toer, want om as't ware op die water in jou "hotel" rond te beweeg is 'n unieke belewenis.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat gesmee word.
Skakel ons gerus indien u meer besonderhede verlang of vrae het.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige toerprogram
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1.5% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings
Kredietkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.