ANDRÉ RIEU KONSERT MET BELGIË

5 - 14 Julie 2024
  André Rieu konsert in Maastricht, vier nagte bootvaart en drie nagte in België

TOER MET ANDRÉ RIEU-KONSERT 2024
5 – 14 Julie

R56 320 plus lughawebelasting, fooitjies van ongeveer R7 094, koste van visum en reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word  (Sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)

Ons toer, wat 'n konsert op Vrijthof insluit, begin in Maastricht met die konsert aan die begin van die toer.  Hierdie konsert het Kategorie 3-kaartjies. 
Ná ons eerste nag aan boord van die Otello, stap ons na die ou stad in Maastricht en ervaar die gewoel van hierdie ou stad wat soveel mense van heinde en verre lok.
Wanneer ons ná aandete na Vrijthof stap, is die atmosfeer elektries en moet jy jouself knyp om te glo dat jy op pad is na 'n Andre Rieu-konsert in Maastricht!  Dit is 'n belewenis wat jy nooit vergeet nie!
Ná die bootvaart van vier nagte vertrek ons van Cuijk via Antwerpen na Brugge.
Ons vertoef twee nagte in Brugge met sy gewelhuisies, kronkelstraatjies en kanale.  Ons bly in die hart van hierdie UNESCO- wêrelderfenisstad, voordat ons verder na die Franse deel van België reis.  Ons reis deur 'n gebied wat gewild is onder natuurliefhebbers.
Ons besoek onder andere die skilderagtige Middeleeuse dorpie Durbuy, waar veral kunstenaars hulleself uitleef.  Hierdie bekoorlike dorpie laat 'n blywende indruk op besoekers!
Ons besoek ook Dinant, wat tussen die Maasrivier en kalksteenrotswande lê.  Ons oornag naby Dinant en vertrek daarvandaan na Brussel vir ons vlug via München na Suid-Afrika.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere.  Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit. 
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat gesmee word. 
Skakel ons gerus indien u meer besonderhede verlang of vrae het.

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings  
Kredeitkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine  van Wyk se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel. Ons bied ook gehaltetoere in ons eie land aan.
Ons is oorgehaal en opgewonde om  weer toere in 2024 aan te bied waaronder 'n paar splinternuwe toere.