NEDERLAND EN YSSELMEER

4 - 14 Mei 2024
'n Vaart hoofsaaklik in Nederlandse waters gekombineer met 'n besoek aan Keukenhof.
BOOTVAART IN NEDERLAND EN OP DIE YSSELMEER
4 – 14 Mei 2024
R53 995 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R7 482 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
Die boot gaan hoofsaaklik in Nederlandse waters vaar en by van die mooiste Nederlandse dorpies aan die Ysselmeer – wat hul karakter vir eeue lank behou het – vasmeer.
Dit is die eerste keer dat ons 'n vaart hoofsaaklik in Nederlandse waters met 'n besoek aan Keukenhof kombineer.
Hierdie besoek aan ons stamland beloof om 'n baie verrykende ervaring te wees! Ons stap terug in die verlede en beleef iets van ons eie herkoms.
Ons ontdek nuwe bestemmings in Nederland, ervaar die polsende ritme van Amsterdam en besoek sprokiesmooi dorpies soos Giethoorn en Hindeloopen, wat almal ouer as Suid-Afrika is.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van die toere wat ons aanbied.
Deegike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word. Ons vertrou dat hierdie toer ook vir u 'n onvergeetlike ervaring sal wees!
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Toerprogram Nederland en Ysselmeer
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 5% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
EFT: | |
Bank: |
Standard Bank
|
Rekening: | Cheque/Transmission |
Rekeningnaam: | Christine van Wyk-Toere |
Takkode: | 051001 |
Rekeningnommer: | 410722782 |