DONAU-VAART, SALZBURG EN PRAAG
30 September - 11 Oktober 2025
Ons vaar van Boedapest in Hongarye deur Slowakye, Oostenryk tot in Passau in Duitsland.
DONAUVAART, SALZBURG EN PRAAG
30 September – 11 Oktober 2025
Prys: R69 980 plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R7 500 en koste van visum en reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word
(Sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede
Ons vaar van Boedapest in Hongarye deur Slowakye en Oostenryk tot in Passau in Duitsland.
Die toer begin op die romantiese Donau in Boedapest. Die pragtige landskap waardeur ons vaar en die dorpe en stede waar ons vasmeer, bring die geskiedenis, kulture en tradisies van die lande vars na elke toerlid.
Die boot meer vas in Boedapest, Bratislava, Wene, Melk en Passau. Daar is opsionele uitstappies vanaf die boot na sommige van die nabygeleë dorpe en stede. Ons het van die uitstappies of besoekpunte – wat 'n mens nie kan mis nie – by die toerprys ingesluit. Dit is heerlik om op die dek te sit en die mooi landskap en dorpe te sien wat verby beweeg.
Ons reis ná die bootvaart per bus na Salzburg en Praag vir twee nagte verblyf in die ou gedeelte van elke stad. Drie maaltye per dag, tee, koffie en die meeste drankies saam met maaltye is tydens die verblyf op die boot ingesluit. Vir die res van die toer is twee maaltye per dag ingesluit, behalwe een aand in Salzburg, sodat u geleentheid het om 'n konsert by te woon.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat gesmee word.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1.5% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings
Kredietkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.