KERSFEESTOER

18 - 27 Desember 2023
  Kersfees in Europa is iets waaroor baie mense droom.

KERSFEESTOER

18 – 27 Desember 2023
TOERPRYS: R57 650 (plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R7 260 en koste van Schengenvisum en reisversekering.)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal

Kersfees in Europa is iets waaroor baie mense droom.  Dis heeltemal anders as 'Kersfees in Afrika', waar dit daardie tyd van die jaar op sy warmste is.  Wanneer jy een maal 'n wit Europese Kersfees ervaar het, weet jy dat die helfte jou nie vertel is nie!  Dit is werklik 'n onvergeetlike belewenis.
Ons is baie opgewonde oor die jaar se toerprogram omdat ons in 'n sprokiesdeel van Duitsland gaan Kersfees vier... Die Duitsers noem dit hulle "Kersfeesland".  Dit is ons wens dat u hierdie opwindende toer kan meemaak en 'n besonderse droom van 'n wit Kersfees kan beleef.
Ons is gesteld op die gehalte van ons toere en dit is vir ons van kardinale belang dat toerlede ons toere ten volle geniet en ervaar dat hulle werklik waarde vir geld kry.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte band wat tussen toerlede ontstaan en die vriendskapsbande wat gevolglik gesmee word.
Indien u meer besonderhede verlang of enige vrae het, skakel ons gerus.

Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine  van Wyk se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.
Ons is oorgehaal en opgewonde om  weer toere in 2024 aan te bied waaronder 'n paar splinternuwe toere. 
Neem asb kennis ons kantoor sluit op 22 Desember 2023 om 14:00 vir die feesseisoen en sal weer op 3 Janurie 2024 om 08:00 oop wees. Vir dringende navrae kontak Magda by 082 783 7145 of stuur 'n epos aan magda@toere.co.za.
Ons wens al ons toerlede 'n Geseënde Feesseisoen toe. Mag 2024 'n wonderlike voorspoedige jaar vir u elkeen wees.