2025
 Toerspyskaart vir 2025

TOERE 2025

'n Kort opsomming van toere wat ons vir 2025 beplan. Volledige inligting sal binnekort beskikbaar wees. Van die toere kan dalk weggelaat word en ander toere bygevoeg word weens meer of minder belangstelling:
Gaan na ons kontakvorm vir inligting oor toere waarin u belangstel en ons plaas u naam op die verspreidingslys. Ons stuur die inligting sodra beskikbaar.

Kersfeestoer: 18 – 28 Desember 2024 (Klik op toernaam vir volledige inligting)
Toerprys: R64 480
Vanjaar se program sluit drie nagte in die Swartwoud in met geleentheid om 'n deel van die Franse platteland in Alsace te besoek asook Duitse Kersmarkte in die Swartwoud in Duitsland.
Daarna volg vyf nagte se verblyf in die skilderagtige Switserse dorpie Beatenberg in die Switserse Alpe.
Kersfees 2024 word gevier op die Jungfrau, letterlik en figuurlik die hoogtepunt in Switserland.

Viëtnam: 4 – 17 Maart 2025 (Klik op toernaam vir volledige inligting)
Toerprys: R49 880
Die "Classic Viëtnam"-toer van Hanoi na Ho Chi Minh City is 'n baie omvattende toer. Ons sien die land se bekendste besienswaardighede en leer ken die Viëtnamese kultuur met o.a. 'n besoek aan die duisendjaar oue hoofstad, Hanoi.

Rynvaart en 2 nagte in Swartwoud: 27 April – 07 Mei 2025 (Opsie 1): (Klik op die toernaam vir volledige inligting)
Toerprys: R59 400
Bootvaart op die Ryn en 2 nagte in die Swartwoud
Die Rynvaartgroep vertrek op 27 April na Amsterdam. Die toer eindig in die Swartwoud in Duitsland. Dit is 'n rustige toer en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer. Behalwe verskeie hoogtepunte, soos die besoek aan Keukenhof – die wêreld se grootste lentetuin – is daar gedurende die toer genoeg vrye tyd om plekke self te verken.
Besoeke aan die Zaanse Schans, Amsterdam, Keulen met sy indrukwekkende katedraal, Mannheim, Rüdesheim, Strasbourg, 'n besoek aan die Franse platteland en twee nagte se verbyf in die Swartwoud is by die toerprys ingesluit

Rynvaart, 2 nagte Swartwoud en 5 nagte in Switserland: 27 April – 12 Mei 2025 (Opsie 2):
Toerprys: R79 980
Bg plus Rynvalle, Lucern, en 5 nagte in Switserland. Bly in Beatenberg in die Switserse Alpe en onderneem opsionele bus-uitstappies, soos die weer dit toelaat, na o.a. die bergreuse Jungfrau en Schilthorn.

BOOTVAART IN NEDERLAND EN ANDRÉ RIEU-K0NSERT IN MAASTRICHT: 18 – 27 Julie 2025
Prys en volledige inligting binnekort beskikbaar.
Die vaart begin in Maastricht, waar ons die tweede aand die wêreldbekende violis André Rieu in sy tuisstad sien optree. Dit is een van talle hoogtepunte van dié toer. Van Maastricht vaar ons na Antwerpen in België, waar ons feitlik 'n hele dag gaan deurbring. Die boot vaar laatmiddag na Vlisingen en meer vas teen die eiland Walchere wat reeds in 1315 stadsregte bekom het. Ons het 'n hele oggend tyd om Vlisingen te beleef.
Van Vlissingen vaar ons na Middelburg, waar ons gedurende die middag geleentheid sal hê om die stad te verken.
Die boot meer ook in Rotterdam en Utrecht vas. Ons volgende vasmeerplek is Lelystad aan die Ysselmeer naby Amsterdam.

Die toere sluit oorsese vlugte in, maar nie lughawebelasting fooitjies en reisversekering nie.

Binnelandse Toere: Pryse binnekort beskikbaar.

Weskus-blommetoer en Cederberg: Volledige besonderhede binnekort beskikbaar.
Verskeidenheid blomme, Cederberg met rotsformasies, Wupperthal, rieldanse en Weskus met vele hoogtepunte.