2025
 Weskus-, Blomme- en Cederberg-Toer

BINNELANDSE TOERE 2025

Volledige inligting vir toer in 2025 binnekort beskikbaar

 

WESKUS-, BLOMME- & CEDERBERG-TOER
19 – 26 Augustus 2024
R18 430 plus R350 vir fooitjies
(sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)

Ná die groot sukses van ons Weskus-, blomme- en Cederberg-toere in 2021, 2022 en 2023 is dit met groot vrymoedigheid dat ons hierdie bustoer weer aan Suid-Afrikaners bied.  Ons hoop dat u dit vanjaar saam met ons kan beleef!
'n Toer na die Weskus is iets besonders.  Dit bied 'n kennismaking met van die mooiste en interessantste dele van ons land, en die blomme van hierdie streek is internasionaal bekend!  Daar is die ongelooflike Cederberg met fassinerende rotstekeninge en onbeskryflike rotsformasies.  Die streek se dorpies is verkenningsplekke waarvan sommige oor die jare onveranderd gebly het. 
Teen die Weskus af is dit natuurlik by uitstek viswêreld!  Wanneer die snoek die dag loop, is dit 'n belewenis om die vissermanstaal te hoor wanneer die bote inkom en die vis afgelaai en te koop aangebied word.  In Velddrif besoek ons die straatjie waar bokkoms (gedroogte vis) gemaak word.  Dit is 'n interessante bedryf wat eie aan die Suid-Afrikaanse Weskus is. 
Die Weskus het verskeie bekende restaurante en padstalle.  Van die geregte wat in hierdie streek gevind word, word eksklusief uit plaaslike veldkos berei.  Ons reis deur die area sluit ook 'n besoek en ete by die bekende Muisbosskerm-restaurant in.  Besoekers word hier onthaal op 'n fees van seekos en ander plaaslike geregte.
Die Weskus roep ook altyd mooi herinneringe op van die legendariese Tolla van der Merwe en sy unieke vertelkuns, wat lank ná sy dood voortleef.
Hierdie toer belowe om 'n fees te wees en aan pret en verwondering gaan dit beslis nie ontbreek nie!

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting
Volledige Program Weskus, Blomme en Cederberg
Nadere Besonderhede Weskus, Blomme en Cederberg
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1.5% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings  
Kredeitkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.