23 April/1 Mei - 03/12 Mei 2024
Dis ons vlagskipvaart op die Ryn, Europa se grootste rivier en 'n besoek aan die Swartwoud en/of Switserland.

RYNVAART, SWARTWOUD EN/OF SWITSERLAND 2024

Hierdie gewilde toer bied drie opsies vir 2024
OPSIE 1:  RYNVAART EN 2 NAGTE IN SWARTWOUD: 23 April – 3 Mei   
R59 980 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R6 910 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).


OPSIE 2:  RYNVAART, SWARTWOUD EN 9 NAGTE IN SWITSERLAND: 23 April – 12 Mei
R87 980 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 030 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
OPSIE 3:  9 NAGTE IN SWITSERLAND: 1 – 12  Mei
R52 530 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R6 380 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).

Die Rynvaart is Christine van Wyk-Toere se vlagskiptoer sedert dit meer as 35 jaar gelede vir die eerste keer aangebied is.  Sedertdien het duisende Suid-Afrikaners hierdie vaart al meegemaak – sommige reeds verskeie kere.
Die Rynvaartgroep vertrek op 23 April na Amsterdam.  Die toer eindig in die Swartwoud in Duitsland.  Dit is 'n rustige toer en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer.  Drie watertand etes per dag op die boot is by die toerprys ingesluit!
Behalwe verskeie hoogtepunte, soos die besoek aan Keukenhof – die wêreld se grootste blomtuin – is daar gedurende die toer genoeg vrye tyd om plekke self te verken. 
Besoeke aan die Zaanse Schans, Amsterdam, Keulen met sy indrukwekkende katedraal, Mannheim, Rüdesheim, Strasbourg, 'n voldag in die Franse platteland en twee nagte se verbyf in die Swartwoud is by die toerprys ingesluit. 
Ons boot vaar op die sogenaamde Kasteelroete van die Ryn – 'n Unesco-wêrelderfenisgebied met talle kastele wat die glorie van weleer in herinnering roep.  U kan die Ryntoer verleng met 'n besoek aan Switserland of nét Switserland ook as 'n aparte toer besoek.

In Switserland gaan die groep tuis in die Bernese Hoogland.  Die hotel bied 'n ongelooflike uitsig oor die Thun-meer en op Switserland se drie bergreuse:  die Jungfrau, die Mönch en die Eiger.
Die toerprys sluit deurentyd twee etes per dag in.
Switserland bied sy eie bekoring met onder meer sneeubedekte berge, reusagtige gletsers, pragtige watervalle en die allermooiste bergdorpies.  Vanaf ons hotel onderneem die groep opsionele dagtoere na van Switserland se mooiste dele
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere.  Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit. 

Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word. 
Ons vertrou dat Ryntoer 2024 weer 'n treffer sal wees!

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Toerprogram Ryn, Swartwoud en Switserland
Volledige Toerprogram Switserland Alleen
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 5% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

%MCEPASTEBIN%