
16 - 26 Maart 2024
Aanskou die verstommende natuurverskynsel van die noorderligte.
NOORDERLIGTE-TOER 2024
16 – 26 Maart
R81 000 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R6 926 asook reisversekering volgens eie behoeftes (Sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)
Ons is baie opgewonde oor hierdie toer wat ons vir die tweede keer, en op spesiale versoek, aanbied omdat so baie mense gevra het dat hulle die noorderligte wil sien.
Ons beleef behoorlik 'n 'kerskaartjie'-omgewing waar groot dele bedek is met sneeu – op berge en klowe, rondom mere, riviere en skitterende fjorde. Dis 'n wêreld wat 'n mens betower en bybly! Voeg hierby 'n besoek aan die wêreldbekende yspaleis in die noorde van Swede en besoeke aan van die sprokiesmooi dorpies. 'n Besondere ervaring is ook as ons deur Husky-honde op sleë deur die sneeu getrek word.
Die interessantste deel van die toer gaan egter oor die soektog na hierdie buitengewone natuurverskynsel wat net gedurende die Europese winter voorkom. Hierdie verskynsel werk elke elf jaar op na 'n hoogtepunt waar daar maksimum intensiteit van hierdie ligte is. Die wonderlike nuus is dat ons nou daardie tydperk binnegaan en dus die 'solar maksimum', soos dit ook genoem word, in 2024 kan beleef. Ons wil seker maak dat elkeen dit kan sien. Dit is waarom ons 'n paar aande die geleentheid daarvoor skep.
Indien u enige vrae het, skakel ons gerus. Net 'n beperkte aantal plekke is beskikbaar. Belangstellendes moet dus gou reageer om teleurstelling te voorkom.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van die toere wat ons aanbied en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede hul reis ten volle geniet.
Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Vir lusmaker foto's klik hier en dan op die betrokke album
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 5% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
EFT: | |
Bank: |
Standard Bank
|
Rekening: | Cheque/Transmission |
Rekeningnaam: | Christine van Wyk-Toere |
Takkode: | 051001 |
Rekeningnommer: | 410722782 |