NOORWEE SOMER-TOER

 7 - 17 Junie 2024
  Dit is 'n wonderlike voorreg om deur hierdie deel van die wêreld te reis

NOORWEË-TOER 2024
7 – 17 Junie

R69 800 plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R7 728 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)

Hierdie toer word deur vele van ons gereelde toerlede beskryf as dié uitstaande toer van vele.  Dit is 'n wonderlike voorreg vir enige persoon om deur hierdie deel van die wêreld te reis!
Die reis is hoofsaaklik in Noorweë as gevolg van die besondere natuurskoon.
In Oslo, hoofstad van Noorweë, oornag ons twee aande sodat ons genoeg tyd het vir die interessante stad waarna mens talle kere kan terugkeer.  Hierna volg 'n pakket van hoogtepunte ten opsigte van Noorweë wat bekend staan vir die pragtige natuur van berge, fjorde, bergpasse, uitsigte wat mens klein laat voel, veerbote en mere.  Tussendeur maak ons kennis met besondere geboue, enkel in hul soort, asook skibane, gletsers en 'n besondere treinrit berg-uit wat 'n ingenieursprestasie is.  Ons oornag by 'n hotel wat slegs met hierdie trein bereik kan word.  Nog 'n treinrit volg na Bergen wat tussen heuwels geleë is en aan 'n fjord lê.
Hierdie toer bied geleentheid vir elkeen om terug te keer met die mooiste versameling foto's van ongewone besienswaardighede, maar bo alles van die onbeskryflike natuurhoogtepunte.

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

Vir lusmaker foto's klik hier en dan op die album Skandinawië

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings  
Kredeitkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine  van Wyk se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel. Ons bied ook gehaltetoere in ons eie land aan.
Ons is oorgehaal en opgewonde om  weer toere in 2024 aan te bied waaronder 'n paar splinternuwe toere.