SPANJE

21 - 30 Augustus 2024 
 Toer na Spanje waar ons die suidelike streek bekend as Andalusië gaan besoek

BOOTVAART IN SPANJE
21 – 30 Augustus 2024

R57 460 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R7 021 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (Sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)

Hierdie toer is iets besonders.  Spanje is op drie na die grootste land in Wes-Europa en het 'n kultuur wat heeltemal anders is as die res van die Europese lande.  Dit is omdat hy o.a. deel is van die suidwestelike skiereiland van Europa, genaamd die Iberiese Skiereiland.  Portugal deel die skiereiland met hom en albei is effens verwyder van die res van die Europese lande.
Die hoofrede hoekom Spanje baie anders is as sy buurlande, is die invloed wat Noord-Afrika se mense op hom gehad het.  Spanje was 'n hele paar honderd jaar onder die bewind van hierdie mense wat Spanje oor die Middellandse See binnegeval, verower en regeer het.  Hierdie mense, bekend as die More, is later teruggedryf na Noord-Afrika, maar hul invloed in Spanje was blywend.  Vandag nog is daar pragtige voorbeelde van die boustyl en gebruike wat in daardie tyd gevestig is en inslag gevind het.  Daaronder is verskeie geboue wat deur Unesco as Wêrelderfenisgebiede bewaar word.  Ons besoek verskeie van hulle.
Ons maak ook kennis met Spanje se uitstekende kos, waarvan hul "tapas" die bekendste is.  Spanje is ook bekend vir sy musiek, veral die flamenco-danse wat met 'n passie gedans word.  Ons besoek ook 'n perdestoetplaas en vertoning. 
Die geskiedkundige geboue, mooi natuur en bruisende kultuur sal u bekoor.  Sit alles bymekaar en u gaan 'n opwindende toer hê, met nuwighede wat ander Europese lande nie het nie.
Drie etes 'n dag is ingesluit asook al die uitstappies tydens die vaart.  Kom reis gerus saam.  Daar is ook die moontlikheid om die toer te verleng met verskillende opsies wat beskikbaar is.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere.  Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit. 
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word. 

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Verlengingsopsies
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings  
Kredeitkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine  van Wyk se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel. Ons bied ook gehaltetoere in ons eie land aan.
Ons is oorgehaal en opgewonde om  weer toere in 2024 aan te bied waaronder 'n paar splinternuwe toere.