Opsomming toere 2025
2025
Toerspyskaart vir 2025
TOERE 2025
'n Kort opsomming van toere wat ons vir 2025 beplan. Volledige inligting sal binnekort beskikbaar wees. Van die toere kan dalk weggelaat word en ander toere bygevoeg word weens meer of minder belangstelling:
Gaan na ons kontakvorm vir inligting oor toere waarin u belangstel en ons plaas u naam op die verspreidingslys. Ons stuur die inligting sodra beskikbaar.
Rynvaart en 2 nagte in Swartwoud: 27 April – 07 Mei 2025 (Opsie 1): (Klik op die toernaam vir volledige inligting)
Hierdie toer is volbespreek, indien u belangstel, stuur vir ons 'n navraag na info@toere.co.za of vul 'n inskrywingsvorm in sonder om 'n deposito te betaal. Ons sal u kontak sodra ons daarin kon slaag om plek op die boot en in hotelle te kry of indien daar 'n kansellasie is.
Toerprys: R59 400
Bootvaart op die Ryn en 2 nagte in die Swartwoud
Die Rynvaartgroep vertrek op 27 April na Amsterdam. Die toer eindig in die Swartwoud in Duitsland. Dit is 'n rustige toer en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer. Behalwe verskeie hoogtepunte, soos die besoek aan Keukenhof – die wêreld se grootste lentetuin – is daar gedurende die toer genoeg vrye tyd om plekke self te verken.
Besoeke aan die Zaanse Schans, Amsterdam, Keulen met sy indrukwekkende katedraal, Mannheim, Rüdesheim, Strasbourg, 'n besoek aan die Franse platteland en twee nagte se verbyf in die Swartwoud is by die toerprys ingesluit
Rynvaart, 2 nagte Swartwoud en 5 nagte in Switserland: 27 April – 12 Mei 2025 (Opsie 2):
Toerprys: R79 980
Bg plus Rynvalle, Lucern, en 5 nagte in Switserland. Bly in Beatenberg in die Switserse Alpe en onderneem opsionele bus-uitstappies, soos die weer dit toelaat, na o.a. die bergreuse Jungfrau en Schilthorn.
BOOTVAART IN NEDERLAND EN ANDRÉ RIEU-K0NSERT IN MAASTRICHT: 18 – 27 Julie 2025
(Klik op die toernaam vir volledige inligting)
Hierdie toer is volbespreek, indien u belangstel, stuur vir ons 'n navraag na info@toere.co.za of vul 'n inskrywingsvorm in sonder om 'n deposito te betaal. Ons sal u op die waglys plaas indien daar kansellasies is.
Toerprys: R49 960
Die vaart begin in Maastricht, waar ons die tweede aand die wêreldbekende violis André Rieu in sy tuisstad sien optree. Dit is een van talle hoogtepunte van dié toer. Van Maastricht vaar ons na Antwerpen in België, waar ons feitlik 'n hele dag gaan deurbring. Die boot vaar laatmiddag na Vlisingen en meer vas teen die eiland Walchere wat reeds in 1315 stadsregte bekom het. Ons het 'n hele oggend tyd om Vlisingen te beleef.
Van Vlissingen vaar ons na Middelburg, waar ons gedurende die middag geleentheid sal hê om die stad te verken.
Die boot meer ook in Rotterdam en Utrecht vas. Ons volgende vasmeerplek is Lelystad aan die Ysselmeer naby Amsterdam.
Donauvaart: 30 September - 11 Oktober 2025 (Klik op die toernaam vir volledige inligting)
Toerprys: R69 980
Hierdie vaart op die romantiese Donau is een van ons gewildste bootvaarte van Budapest na Passau. Met drie etes per dag op die boot, en interessante uitstappies waar ons vasmeer o.a. 'n musiekkonsert in Wene. Ondanks die ontwikkeling van hierdie plekke is dit interessant hoe die antieke kultuur steeds bewaar word. Dit is 'n verkenningstog na die verlede.
Die toere sluit oorsese vlugte in, maar nie lughawebelasting fooitjies en reisversekering nie.
Weskus-blommetoer en Cederberg: 16 - 23 Augustus 2025.
Toerprys: R18 500
Verskeidenheid blomme, Cederberg met rotsformasies, Wupperthal, rieldanse en Weskus met vele hoogtepunte.