DONAU-VAART EN PRAAG

19 - 29 Augustus 2024
  Ons vaar van Boedapest in Hongarye deur Slowakye, Oostenryk tot in Passau in Duitsland.

DONAUVAART EN PRAAG
19 – 29 Augustus 2024

R63 630 plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R2 960 en koste van visum en reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word.  (Sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)
Die toer begin op die romantiese Donau in Boedapest.  Die pragtige landskap waardeur ons vaar en die dorpe en stede waar ons vasmeer, bring die geskiedenis, kulture en tradisies van die lande vars na elke toerlid toe.
Die boot meer vas in Boedapest, Bratislava, Wene, Melk en Passau.  Daar is opsionele uitstappies vanaf die boot na sommige van die nabygeleë dorpe en stede.  Ons het van die uitstappies of besoekpunte wat 'n mens nie kan mis nie, ingesluit in die toerprys.  Dit is heerlik om op die dek te sit en die mooi landskap en dorpe te sien wat verby beweeg. 
Ons is een ekstra nag in Boedapest voordat ons aan boord van die MS France vir vyf nagte gaan.  Ons reis ná die bootvaart per bus na Praag vir twee nagte in die ou stad.  Drie maaltye per dag, tee, koffie en meeste drankies saam met maaltye is tydens die verblyf op die boot ingesluit.  Vir die res van die toer is twee maaltye per dag ingesluit.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere.  Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit. 
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat gesmee word. 

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 5% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine  van Wyk se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.
Ons is oorgehaal en opgewonde om  weer toere in 2024 aan te bied waaronder 'n paar splinternuwe toere. 
Neem asb kennis ons kantoor sluit op 22 Desember 2023 om 14:00 vir die feesseisoen en sal weer op 3 Janurie 2024 om 08:00 oop wees. Vir dringende navrae kontak Magda by 082 783 7145 of stuur 'n epos aan magda@toere.co.za.
Ons wens al ons toerlede 'n Geseënde Feesseisoen toe. Mag 2024 'n wonderlike voorspoedige jaar vir u elkeen wees.