ATHENE EN GRIEKSE EIILANDE

16 - 27 Mei 2024
 Hierdie toer bestaan uit 2 nagte in Athene en 'n sewe nagte bootvaart na die Griekse eilande.

ATHENE EN BOOTVAART NA GRIEKSE EILANDE
16 – 27 Mei 2024

R64 480 per persoon wat deel plus ongeveer R2 250 vir lughawebelasting en fooitjies asook koste vir 'n visum en reisversekering.  (Sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede)

Dis 'n toer met 'n wonderlike terugblik op die hoofstad van Griekeland met al sy antieke besienswaardighede en die prag en romantiek van die talle eilande wat ons besoek en hul prentjiemooi natuurskoon.
Athene is gebou rondom die Akropolis, die heuwel met die ruïnes van wat eens die middelpunt van Griekeland was.  Vandag is daar slegs ruïnes oor, maar die verhale oor wat deur die geskiedenis gebeur het om Griekeland 'n bakermat van die Westerse beskawing te maak, leef voort.  'n Besoek aan hierdie monumente en oorblyfsels van wat eens die trotse tuiste van 'n heeltemal nuwe bedeling in die wêreldgeskiedenis gebring het, bied 'n venster na die verlede wat 'n mens moet sien en ervaar.
Die eilande is deesdae toeriste se groot trekpleister na Griekeland.  Hulle lê versprei oor die Middellandse en die Egeïese See tot by Turkye soos pêrels in die blou water om hulle, elk met sy eie verhale en legendes.
Van die mooiste eilande wat ons besoek is Ciprus, Mykonos en Santorini.  Tussen al die eilande blink Santorini uit.  Die eiland is 'n oorblyfsel van 'n geweldige vulkaniese uitbarsting wat die gebied eeue gelede getref het.  Deesdae is dit 'n pragtige speelplek vir besoekers van oor die hele wêreld.  Die eilandbewoners se wit en blou huisies wat soos oesters aan die skuins hange vasklou, is prentjiemooi en die sonsopkoms en -ondergang onbeskryflik.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere.  Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit. 
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat gesmee word. 

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 5% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine  van Wyk se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.
Ons is oorgehaal en opgewonde om  weer toere in 2024 aan te bied waaronder 'n paar splinternuwe toere. 
Neem asb kennis ons kantoor sluit op 22 Desember 2023 om 14:00 vir die feesseisoen en sal weer op 3 Janurie 2024 om 08:00 oop wees. Vir dringende navrae kontak Magda by 082 783 7145 of stuur 'n epos aan magda@toere.co.za.
Ons wens al ons toerlede 'n Geseënde Feesseisoen toe. Mag 2024 'n wonderlike voorspoedige jaar vir u elkeen wees.