NOORDERLIGTE NOORWEË

 27 Januarie - 08 Februarie 2020
  Aanskou die verstommende natuurverskynsel van die noorderligte.

NOORDERLIGTE-TOER, NOORWEË: 2020
27 Janurie – 08 Februarie
(R65 500 plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer      R6 100 plus reisversekering)
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Ons is baie opgewonde oor hierdie toer wat ons vir die eerste keer en op spesiale versoek aanbied omdat so baie mense gevra het dat hulle die noorderligte wil sien.
Indien u 'n natuurliefhebber is en berge, klowe, mere, riviere, skitterende fjorde en oneindige vlaktes u betower, is hierdie toer vir u uitgeknip!  Voeg hierby 'n besoek aan die wêreldbekende yspaleis in die noorde van Swede en besoeke aan van die sprokiesmooi dorpies in hierdie koue land, dan kry u buitengewone waarde vir u geld.  Die uitsonderlike natuurskoon van Noorweë bly 'n mens altyd by.
Die interessantste deel van die toer gaan egter die soektog na die noorderligte wees.  Die noorderligte is 'n buitengewone natuurverskynsel wat net gedurende die Europese winter voorkom en 'n mens opnuut laat besef hoe groot die heelal is.  'n Mens moet natuurlik in gedagte hou dat die weer 'n belangrike rol speel en daar geen waarborg is dat ons dit élke keer gaan sien nie – daarom dat ons 'n paar aande die geleentheid skep.
'n Ander buitengewone ervaring is wanneer husky-honde ons in die sneeu op sleë trek!
Indien u enige vrae het, skakel ons gerus.  Net 'n beperkte aantal plekke is beskikbaar en belangstellendes moet dus gou reageer om teleurstelling te voorkom.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van die toere wat ons aanbied en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede hul reis ten volle geniet.  Ons verskaf graag op versoek die name en telefoonnommers van oud-toerlede indien u by hulle wil hoor hoe hulle ons toere ervaar het
Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie
Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.