Amsterdam, Rynvaart & Swartwoud 2027
17-27 April 2027
Besprekings oop

Beleef Europa in die lente! Van Nederland se kleurvolle Bloemencorso, Keukenhof en Amsterdam tot ’n rustige sesnagvaart verby die Ryn se historiese stede, wingerde en sprokieskastele.
Prys: R58 800 · Deposito: R10 000
Europa in volle lentebloei
Reis saam op ’n besondere lentetoer wat die kleurvolle prag van Nederland, die rustigheid van die Ryn en die natuurskoon van die Swartwoud saambring.
Ons reis begin in Amsterdam, waar daar tyd is om die stad se bekende kanale, museums en gesellige straatjies te verken. Daarna beleef ons die skouspelagtige Bloemencorso in Haarlem, die miljoene lenteblomme van Keukenhof en die kenmerkende Nederlandse dorpies, windmeulens en polderlandskappe van Zaanse Schans, Volendam en Marken.
Die hart van die toer is ’n rustige sesnagvaart aan boord van die MS L’Europe. Vanuit ons drywende hotel besoek ons historiese stede soos Nijmegen en Keulen en vaar ons deur die romantiese Middelrynvallei, waar wingerdbedekte hange, sprokieskastele en die legendariese Lorelei-rots langs die rivier verrys.
Die reis neem ons verder na Rüdesheim, Mannheim en Heidelberg voordat ons in Strasbourg ontskeep. Van hier verken ons die karaktervolle dorpies en platteland van die Alsace en reis ons na die Swartwoud vir twee nagte tussen digbeboste berge, valleie en tradisionele dorpies. Besoeke aan Triberg en die skilderagtige Titisee is deel van die ervaring.
Op ons laaste dag reis ons na Zürich-lughawe, met ’n besoek aan die indrukwekkende Rynvalle as ’n laaste hoogtepunt.
Toerhoogtepunte
- Twee nagte in die hartjie van Amsterdam
- Die kleurvolle Bloemencorso in Haarlem
- Keukenhof se miljoene tulpe en lenteblomme
- Zaanse Schans, Volendam en Marken
- Ses nagte aan boord van die MS L’Europe
- Die kastele en Lorelei-rots van die romantiese Ryn
- Keulen, Rüdesheim, Mannheim en Heidelberg
- Strasbourg en die dorpies van die Alsace
- Triberg, Titisee en die natuurskoon van die Swartwoud
- Die indrukwekkende Rynvalle op pad na Zürich
- Persoonlike begeleiding deur Christine van Wyk Toere se Afrikaanssprekende toerleiers
Verblyf
- 2 nagte in Amsterdam
- 6 nagte aan boord van die MS L’Europe
- 2 nagte in die Swartwoud
Wil u meer weet?
Laai die volledige toerinligting af vir die dag-tot-dag program, besonderhede oor verblyf en maaltye, wat by die toerprys ingesluit is en alle belangrike besprekingsinligting.
Kom beleef Europa in volle lentebloei saam met ons.
Dokumente
Vir meer inligting, kontak gerus vir:
Mareli Louw of Riëtte Eggink
Selfoonnommer: 012 5464967
Epos: info@toere.co.za







