WESKUS-TOER

16 - 23 Augustus 2025
 Weskus-, Blomme- en Cederberg-Toer

WESKUS-, BLOMME- & CEDERBERG-TOER
16 - 23 Augustus 2025

Toerprys:R18 500 plus R350 vir fooitjies
Ná die groot sukses van ons Weskus-, blomme- en Cederberg-toere jaarliks vanaf 2021 is dit met groot vrymoedigheid dat ons hierdie bustoer weer aan Suid-Afrikaners bied. Ons hoop dat u dit vanjaar saam met ons kan beleef!
'n Toer na die Weskus is iets besonders. Dit bied 'n kennismaking met van die mooiste en interessantste dele van ons land, en die blomme van hierdie streek is internasionaal bekend! Daar is die ongelooflike Cederberg met fassinerende rotstekeninge en onbeskryflike rotsformasies. Die streek se dorpies is verkenningsplekke waarvan sommige oor die jare onveranderd gebly het.
Teen die Weskus af is dit natuurlik by uitstek viswêreld! Wanneer die snoek die dag loop, is dit 'n belewenis om die vissermanstaal te hoor wanneer die bote inkom en die vis afgelaai en te koop aangebied word. In Velddrif besoek ons die straatjie waar bokkoms (gedroogte vis) gemaak word. Dit is 'n interessante bedryf wat eie aan die Suid-Afrikaanse Weskus is.
Die Weskus het verskeie bekende restaurante en padstalle. Van die geregte wat in hierdie streek gevind word, word eksklusief uit plaaslike veldkos berei. Ons reis deur die area sluit ook 'n besoek en ete by die bekende Muisbosskerm-restaurant in. Besoekers word hier onthaal op 'n fees van seekos en ander plaaslike geregte.
Die Weskus roep ook altyd mooi herinneringe op van die legendariese Tolla van der Merwe en sy unieke vertelkuns, wat lank ná sy dood voortleef.
Hierdie toer belowe om 'n fees te wees en aan pret en verwondering gaan dit beslis nie ontbreek nie!
Aangeheg is die program waaroor u navraag gedoen het. Indien u wil saamgaan, moet u so gou as moontlik u plek bespreek, aangesien plekke beperk is.

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1.5% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings
Kredeitkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.

Christine van Wyk-Toere
 
 
Oor die jare heen het duisende Suid-Afrikaners saam met Christine van Wyk-Toere die wêreld deurkruis. Die saam beleef van die mooiste plekke op aarde, die gesamentlike stil word van verwondering, die "Kenmekare" en die skaterlag-geleenthede het ons op 'n besondere manier verbind en ons sal dit altyd koester. Ons het vreemde plekke leer ken en met die kosbaarste herinnerings en foto's, vir later se kyk en weer beleef, teruggekeer huis toe. Boonop het ons so saam op toer, tydens die bymekaarmaak van 'n ryke verskeidenheid van ervarings, permanente vriende gemaak na wie ons steeds verwys as Christine van Wyk se uitgebreide familie.
Christine van Wyk-Toere beleef tans 'n oorgangsperiode. Die huidige bestuur is besig met onderhandelings met die nuwe generasie wat die maatskappy vorentoe moet neem met behulp van moderne tegnologie en nuwe idees. Ononderhandelbaar is egter dat ons ou waardes, wat diep gevestig is in ons naam en in ons kwaliteit dienslewering, behoue sal bly.
Terwyl daar beplan word aan Christine van Wyk-Toere se toekoms, behels dit in die praktyk dat ons in 2025 'n kleiner hoeveelheid toere sal aanbied.