WESKUS-TOER

2026
 Weskus-, Blomme- en Cederberg-Toer

WESKUS-, BLOMME- & CEDERBERG-TOER

Ons doen beslis weer 'n Blomtoer/Weskus/Cederberg-toer vanaf 26 Augustus tot     3 September 2026
Dit sluit 'n ryke verskeidenheid besienswaardighede in ten opsigte van natuur en kultuur wat eie is aan hierdie gebied en internasionaal bekend staan.
Die blomme en fynbos van hierdie omgewing, die bewaringsgebiede, die ryk voëllewe en berge lok duisende besoekers hierheen.
Daar is 'n nuwe ontwaking en motivering by rotsklimmers om hierdie gebied te bewaar.


Ons beleef iets van die leefwêreld van mense wat nog 'n bestaan probeer maak uit 'n kwynende vissersbedryf.
Van hierdie plekkies het deur die jare nog onveranderd gebly.
Ons ry deur die bewaringsgebied in die hart van die Cederberg met sy besondere rotsformasies en deur dit alles leer ons die omgewing se blomme identifiseer.

Vir meer inligting, kontak gerus vir:
Stephnie Murray
Selfoonnommer: 084 870 0001
Epos: stephnie@toere.co.za

Vir foto's gaan na Album en klik op Foto's

Christine van Wyk-Toere
 
 
Oor die jare heen het duisende Suid-Afrikaners saam met Christine van Wyk-Toere die wêreld deurkruis. Die saam beleef van die mooiste plekke op aarde, die gesamentlike stil word van verwondering, die "Kenmekare" en die skaterlag-geleenthede het ons op 'n besondere manier verbind en ons sal dit altyd koester. Ons het vreemde plekke leer ken en met die kosbaarste herinnerings en foto's, vir later se kyk en weer beleef, teruggekeer huis toe. Boonop het ons so saam op toer, tydens die bymekaarmaak van 'n ryke verskeidenheid van ervarings, permanente vriende gemaak na wie ons steeds verwys as Christine van Wyk se uitgebreide familie.
Christine van Wyk-Toere sluit af met twee Ryntoere in 2026 en beplan geen verdere toere in die toekoms nie.