4 - 17 Maart 2025
Die "Classic Viëtnam"-toer van Hanoi na Ho Chi Minh City is 'n baie omvattende toer.
VIËTNAM 2025
4 – 17 Maart
TOERPRYS: R49 880 plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R4 100 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
Die "Classic Viëtnam"-toer van Hanoi na Ho Chi Minh City is 'n baie omvattende toer. Ons sien die land se bekendste besienswaardighede en leer ken die Viëtnamese kultuur met o.a. 'n besoek aan die duisendjaar oue hoofstad, Hanoi.
Ons besoek die Wêrelderfenisgebied Ha Long Bay (met sy duisende eilande en inhamme), die rustige antieke dorp Hoi An, die pragtige Mekong-delta en dan Ho Chi Minh City, Viëtnam se grootste stad, eens bekend as die Pêrel van die Verre Ooste, en vir toeriste steeds die mooiste en interessantse plek in die hele Viëtnam.
Die Mekong-delta is Viëtnam se grootste landbougebied en bekend as die land se rysmandjie. Daar is kleurryke drywende markte, talle vrugteboorde, rysterrasse, voëlreservate en idilliese klein dorpies.
Ons besoek ook die netwerk fassinerende, ondergrondse tonnels en gange by Chu Chi. Dit is 'n getuigskrif vir die vasberade gees van die Viëtnamese wat in die allermoeilikste oorlogsomstandighede bly veg en oorleef het. Die werk aan die tonnels het gedurende die oorlog teen die Franse in die 1940's begin en is oor die daaropvolgende 25 jaar verbeter namate die konflik tussen Viëtnam en Amerika in intensiteit toegeneem het. Hierdie tonnels is tot 'n ondergrondse stad van o.a. vergaderplekke, pakkamers en woonkwartiere ontwikkel.
Ons besoek die dorpie Hoi An, ongeveer 30 km suid van Danang. Die ou deel van hierdie hawedorp is 'n verkeervrye sone en dus heerlik om te voet te verken. Die hele dorp is 'n Wêrelderfenisgebied. Die besoek aan Hoi An sluit 'n gratis kookles in, waar ons leer om van die heerlikste plaaslike kos te maak.
Die stad Ho Chi Minh was vroeër bekend as Saigon en is een van die gewildste toeristebestemmings in Viëtnam.
Kennismaking met die Oosterse kulture en gelowe is 'n verrykende ervaring, aangesien die streek polities al hoe meer deel van wêreldnuus word. Die talle wêrelderfenisgebiede in die land dui ook op die baie bewaringsgebiede wat internasionaal erken word. Ons besoek 'n hele paar van hulle.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons hegte vriendskapsbande toere die wat gesmee word.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1.5% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings
Kredietkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.