Wedstryd

WEN 'N RYNVAART VIR 2!
 

Waarde: ±R100 000

Gratis inskrywing

Christine van Wyk-Toere bied reeds meer as 40 jaar Rynvaarte vanaf Amsterdam in Nederland tot by Basel of elders in Switserland aan. In 2022 wil ons een Suid-Afrikaner die geleentheid gee om hierdie besondere reiservaring mee te maak. Ons bied met trots 'n kompetisie aan waar die wenner met 'n Rynvaart vir 2 sal wegstap.

Skryf só in:

Sê in 50 of minder woorde hoekom jy oorsee wil reis.
Klik op inskrywing, vul die nodige in en stuur. Inskrywings kan ook per e-pos aan wen@toere.co.za gestuur word.
E-posinskrywings moet u voorletters en van asook telefoonnommer insluit.

Voorwaardes

1.     Inskrywings sonder voorletters en van, e-posadres, telefoonnommer is nie geldig nie en sal nie in aanmerking geneem word nie.
2.     Sluitingsdatum vir kompetisie is 31 Januarie 2021.
3.     Prys (Rynvaart vir 2 persone) sluit die volgende in: Retoervliegkaartjie van Johannesburg, busvervoer in Europa, bootvaart in 'n dubbelkajuit, 3 etes          per dag, uitstappies soos op toerprogram, koste van visums, reisversekering en fooitjies aan busbestuurders en kelners.
4.     Pryse is nie vir kontant of ander produkte/toere verhandelbaar nie.
5.     Inskrywings word individueel beoordeel en wenner word nie deur 'n trekking bepaal nie.
6.     Beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
7.     Beoordelaars bestaan uit 'n paneel van personeel van CvW-Toere.
8.     Een inskrywing per persoon.
9.     Werknemers en familie van Christine van Wyk-Toere mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
10.   Die wenner sal gedurende Februarie 2021 aangekondig word.