SKANDINAWIE SOMERTOER

4 - 17 Junie 2024
Dit is 'n wonderlike voorreg om deur hierdie deel van die wêreld te reis
SKANDINAWIË
4 – 17 Junie 2024
R89 500 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 298 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede).
Hierdie toer word deur baie van ons gereelde toerlede beskryf as dié uitstaande toer! Dit is 'n wonderlike voorreg vir enige persoon om deur hierdie deel van die wêreld te reis!
Die reis is hoofsaaklik in Noorweë as gevolg van die unieke natuurskoon. Dit sluit egter ook iets van Finland en Swede in met die besondere ervaring van die oornag veerboot tussen Finland en Swede. Ons besoek hoogtepunte in die twee pragtige stede, Helsinki en Stockholm.
Tussen Swede en Noorweë word lekker saam gekuier op die trein tussen die twee hoofstede. In Oslo oornag ons twee aande sodat ons genoeg tyd het vir die interessante stad waarna mens talle kere kan terugkeer. Hierna volg 'n pakket van hoogtepunte ten opsigte van Noorweë wat bekend staan vir die pragtige natuur van berge, fjorde, bergpasse, uitsigte wat mens klein laat voel, veerbote en mere. Tussendeur maak ons kennis met besondere geboue, enig in hul soort, asook skibane, gletsers en 'n onvergeetlike treinrit berg-uit wat 'n ingenieursprestasie is. Ons oornag by 'n hotel wat slegs met hierdie trein bereik kan word. Nog 'n treinrit volg na Bergen wat tussen heuwels geleë is en aan 'n fjord lê.
Hierdie toer bied geleentheid vir elkeen om terug te keer met die mooiste versameling foto's van ongewone besienswaardighede, maar bo alles van die onbeskryflike natuurhoogtepunte.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Skandinawië Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Vir lusmakerfoto's klik hier en klik dan op die betrokke album.
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 5% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
EFT: | |
Bank: |
Standard Bank
|
Rekening: | Cheque/Transmission |
Rekeningnaam: | Christine van Wyk-Toere |
Takkode: | 051001 |
Rekeningnommer: | 410722782 |