VIETNAM
15 - 28 Oktober 2023
Die 'Legendes van Viëtnam'-toer van Hanoi na Ho Chi Minh City is een van Viëtnam se gewildste toere.
VIËTNAM 2023
15 – 28 Oktober
Hierdie interessante en onbeskryflike mooi toer het ons verwagtinge oortref en ons oorweeg om dit weer in 2024 aan te bied. Almal moet hierdie land beleef. Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees.
TOERPRYS:R58 250 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 530
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Die 'Legendes van Viëtnam'-toer van Hanoi na Ho Chi Minh City is een van Viëtnam se gewildste toere. Ons sien die land se bekendste besienswaardighede en leer ken die Viëtnamese kultuur met o.a.'n besoek aan die duisend jaar oue hoofstad, Hano.
Ons besoek die Wêrelderfenisgebied Ha Long Bay (met sy duisende eilande en inhamme), die rustige antieke dorp Hoi An, die pragtige Mekong-delta en dan Ho Chi Minh City, Viëtnam se grootste stad, eens bekend as die Pêrel van die Verre Ooste, en vir toeriste steeds die mooiste en interessantse plek in die hele Viëtnam.
Die Mekong-delta is Viëtnam se grootste landbougebied en bekend as die land se rysmandjie. Daar is kleurryke drywende markte, talle vrugteboorde, rysterrasse, voëlreservate en idilliese klein dorpies.
Ons besoek ook die netwerk fassinerende, ondergrondse tonnels en gange by Chu Chi. Dit is 'n getuigskrif vir die vasberade gees van die Viëtnamese wat in die aller moeilikste oorlogsomstandighede bly veg en oorleef het. Die werk aan die tonnels het gedurende die oorlog teen die Franse in die 1940's begin en is oor die daaropvolgende 25 jaar verbeter namate die konflik tussen Viëtnam en Amerika geëskaleer het. Hierdie tonnels is tot 'n ondergrondse stad van o.a. vergaderplekke, pakkamers en woonkwartiere ontwikkel.
Ons besoek die dorpie Hoi An, ongeveer 30 km suid van Danang. Die ou deel van hierdie hawedorp is 'n verkeervrye sone en dus heerlik om te voet te verken. Die hele dorp is 'n Wêrelderfenisgebied. Die besoek aan Hoi An sluit in 'n gratis kookles in waar ons leer om van die heerlikste plaaslike geregte te maak.
Die stad Ho Chi Minh was vroeër bekend as Saigon en is een van die gewildste toeristebestemmings in Viëtnam.
Kennismaking met die Oosterse kulture en gelowe is 'n verrykende ervaring aangesien die streek polities al hoe meer deel van wêreldnuus word. Die talle wêrelderfenisgebiede in die land dui ook op die baie bewaringsgebiede wat intersionaal erken word. Ons besoek 'n hele paar daarvan.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons hegte vriendskapsbande toere die wat gesmee word.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
EFT: | |
Bank: |
Standard Bank
|
Rekening: | Cheque/Transmission |
Rekeningnaam: | Christine van Wyk-Toere |
Takkode: | 051001 |
Rekeningnommer: | 410722782 |