VIER RIVIERE-VAART

29 Julie - 9 Augustus
Opwindende nuwe vaart op vier van Europa se mooiste riviere.
VIER RIVIERE-VAART: SAAR, MOESEL, RYN EN NECKAR EN PASSIESPEL 2022
29 Julie – 09 Augustus:
R61 780 plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R5 550 en koste van visum en reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE).
Die heerlike 6 nagte vaart begin in die Groothertogdom van Luxemburg en gaan deur Duitsland en eindig in Strasbourg, Frankryk. Ons vaar op vier verskillende riviere: die Saar, Moesel, Ryn en Neckar. Afgesien van die kulturele en historiese skatte wat hierdie areas bied, soos Romeinse ruïnes en romantiese kastele, is die landskap pragtig en 'n mens verlustig jou in die tradisies en aktiewe wingerd- en wynbou-aktiwiteite eie aan hierdie streek. Daarna reis ons per bus tot in Oberammergau.
Die toerprogram is uitgewerk omdat ons ons Ruslandtoere moes kanselleer. Hierdie vaart is so gekies dat dit by ons bespreekte Passiespeldatums aanpas.
Dis 'n rustige toer en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer. Drie watertand etes per dag op die boot en twee etes per dag in die hotelle is by die toerprys ingesluit.
Die bootvaart eindig in Strasbourg in Frankryk, waarvandaan die groep per bus na Oberammergau reis met een oornagplek op pad.
Die toer word afgesluit in Oberammergau vir die bywoning van die Passiespel – 'n aangrypende opvoering van die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus. Die Passiespel word net elke tien jaar opgevoer en is weens die Covid-19-pandemie van 2020 na 2022 uitgestel.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Toerprogram
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
EFT: | |
Bank: |
Standard Bank
|
Rekening: | Cheque/Transmission |
Rekeningnaam: | Christine van Wyk-Toere |
Takkode: | 051001 |
Rekeningnommer: | 410722782 |