SALZBURG EN PASSIESPEL

01 - 08 September 2020
 Hierdie is 'n kort toer na Salzburg, wat ook die tienjaarlikse Passiespel in Oberammergau insluit

SALZBURG 2020
01 - 08 September (R31 860 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 070)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal.  
Ons bring drie aande in die Oostenrykse musiekstad Salzburg deur en besoek o.a. die Oostenrykse platteland bekend as die Salzkammergut – ook bekend as 'n aardse paradys! Dis 'n pragtige natuurgebied met sneeubedekte berge, talle mere, romantiese klein dorpies en uitsonderlike natuurverskynsels.
Een van die gewildste dorpies in dié omgewing is Hallstatt, 'n sprokiesmooi Wêrelderfenisgebied wat tussen berg en meer lê. 'n Besoek aan St Wolfgangmeer is eweneens 'n belewenis.
In Salzburg kan u kies tussen verskeie opsionele konserte soos 'n Marionette-vertoning of 'n verskeidenheid Mozart- en ander konserte.
Een van die hoogtepunte van 'n besoek aan Salzburg is om die kasteelkompleks (Hohensalzburg) op 'n heuwel in die stad te besoek. Hierdie kasteel is die bes bewaarde kasteel uit vergange se dae in Oostenryk.
Die toer word afgesluit met twee dae in die omgewing van Oberammergau vir die bywoning van die Passiespel. Die besoek aan die Passiespel is 'n unieke ervaring. Dit beeld die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus uit. Al die deelnemers is inwoners van Oberammergau. Dié Alpedorpie in Beiere se beskilderde huisies en pragtige houtsneekunswerke is 'n belewenis op sigself!
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings. 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.