TSJEGGIESE REPUBLIEK EN PASSIESPEL

28 Augustus - 08 September 2020
  Besoek oa die pragtige hoofstad van Tsjeggië – Praag.

TSJEGGIESE REPUBLIEK EN PASSIESPEL 2020
28 Augustus – 08 September (R47 540 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R5 550)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die toer begin in Praag, die pragtige en waardige hoofstad van Tsjeggië. Praag se Ou Stad het o.a. interessante historiese geboue en 'n kolossale Johannes Huss-monument ter ere van hierdie Hervormer wat op die brandstapel gesterf het.
Vanaf Praag besoek ons verskeie historiese dorpe met talle Unesco-wêrelderfenisgebiede. Cesky Krumlov, waarvan die hele dorp 'n kasteelkompleks is, tel onder een van dié wêrelderfenisgebiede.
Daar is 'n redelike sterk klem op musiek reg deur die toerprogram en alle musiekuitvoerings wat op die program aangedui word, is by die toerprys ingesluit.
Die besoek aan Oberammergau vir die tienjaarlikse opvoering van die Passiespel is 'n hoogtepunt. Dit beeld die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus uit in 'n aangrypende opvoering wat 'n mens lewenslank bybly,
Die toerprogram is met sorg uitgewerk en dek van die mooiste dele van Europa. Ervare toerleiers en 'n plaaslike gids vergesel die groep. Ons reis per luukse bus en gaan tuis in goeie hotelle. Volledige ontbyte en aandetes by hotelle of plaaslike restaurante is daagliks ingesluit.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere, en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.