SLOWENIE EN PASSIESPEL

15 - 24 September 2020
  Bly vier nagte in 'n hotel in Bled – in die hartjie van die land se mooiste meergebied

SLOWENIË EN PASSIESEPL 2020
15 – 24 September (R43 450 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 640)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal.
Ons ry per bus in Slowenië en bly vier nagte in 'n hotel in Bled – in die hartjie van die land se mooiste meergebied! Daarvandaan onderneem ons daguitstappies na van Slowenië se mooiste dele, waarvan daar baie is!
Op pad na Oberammergau slaap ons oor in Salzburg, een van Oostenryk se indrukwekkendste musiekstede. Ons verken dié 'Mozartstad' en geniet die natuurskoon van Oostenryk.
In Oberammergau, 'n pragtige dorpie met beskilderde geboue en ongelooflike houtsneewerk, woon ons die Passiespel by. Dis 'n aangrypende opvoering wat net elke tien jaar plaasvind en die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus dramaties uitbeeld. Dis 'n belewenis wat 'n mens nooit vergeet nie.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.