BELGIE EN PASSIESPEL

21 - 29 Augustus 2020
  Dis 'n kort, maar indrukwekkende toerprogram na van België se mooiste juwele.

BELGIË EN PASSIESPEL 2020
21 – 29 Augustus (R37 600 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 470)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal.
Ons program begin in die pragtige Brugge, waar ons hotel in die Ou Stad geleë is.
Ons oornag ook in die skilderagtige Belgiese dorpie Durbuy en in die Duitse stad Karlsruhe op pad na Oberammergau.
Die besoek aan Oberammergau is 'n unieke ervaring waar ons die lyding, dood, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus dramaties ervaar in 'n opvoering wat ongeveer ses uur duur. Die Passiespel in Oberammergau vind net elke tien jaar in hierdie pragtige, Beierse dorpie plaas.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit deurgaans en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is vir ons 'n prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word. Ons vertrou dat híérdie toer ook 'n onvergeetlike ervaring vir toerlede sal wees!
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.