ROMANTIESE ROETE EN PASSIESPEL

31 Augustus - 08 September 2020
  Dit is 'n kort toer wat u binne agt dae na van die mooiste dele van Suidwes-Duitsland bring.

ROMANTIESE ROETE: 2020
31 Augustus – 08 September (R39 520 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 350)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van visum en reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die toer begin in Frankfurt. Ons besoek die wêreldbekende, gesellige dorpie Rüdesheim, waarna 'n kort Rynvaart op 'n deel van die Duitse kasteelroete volg. Ons besoek Heidelberg, Duitsland se oudste universiteitstad en verlustig ons aan die indrukwekkende kasteel en geskiedkundige ou wynkelder. Ons maak ook tyd om deur die pragtige Ou Stad te stap.
Ons ry deur die Swartwoud en gaan slaap in Konstanz aan die meer met dieselfde naam. Ons besoek ook die blomeiland Mainau – 'n unieke ervaring!
Die rit deur die Beierse Alpe is een van talle hoogtepunte van die toer. Ons besoek die omgewing van Neuschwanstein, om een van koning Ludwig II se sprokiesmooi kastele van buite te bewonder.
In Oberammergau verkyk ons ons aan die pragtig beskilderde geboue en aan die ongelooflike mooi houtsneewerk wat die inwoners maak.
Die toer sluit af met die Passiespel in Oberammergau. Dit is 'n aangrypende opvoering wat net elke tien jaar plaasvind en die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus dramaties uitbeeld.
'n Ervare toerleier vergesel die groep en ons reis per Duitse bus. Verblyf in goeie hotelle met volledige ontbyt en aandete is deurgaans ingesluit. Daar is geen verskuilde kostes nie – die meeste uitstappies en/of toegangsgeld is by die toerprys ingewerk.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere, en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.
Skakel ons gerus indien u meer besonderhede verlang of enige vrae het.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.