IERLAND, SKOTLAND EN PASSIESPEL

20 Augustus - 05 September 2020
  Hierdie toer sluit talle hoogtepunte van hierdie twee interessante lande in

IERLAND, SKOTLAND EN PASSIESPEL: 2020
OPSIE 1: IERLAND EN PASSIESPEL 20 – 29 Augustus
(R46 650 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 077)
OPSIE 2: IERLAND, SKOTLAND EN PASSIESPEL 20 – 05 September
(R86 440 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R9 309)
OPSIE 3: SKOTLAND EN PASSIESPEL 26 Augustus – 05 September
(R61 150 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 574)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum vir besoek aan Oberammergau, Britse visum vir opsie 2 en 3 en reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word.
Soos u op die toerprogram sal sien, sluit die toer talle hoogtepunte van hierdie twee interessante lande sowel as twee nagte verblyf in Oberammergau vir die tienjaarlikse Passiespel in.
Daar is verskillende toeropsies waaruit u kan kies: 'n Besoek aan Ierland in kombinasie met die Passiespel (20 – 29 Augustus); Ierland én Skotland met die Passiespel (20 Augustus – 05 September); of net Skotland met die Passiespel (26 Augustus – 05 September). U kan ook die Ierland en/of Skotlandtoer sonder die besoek aan Oberammergau onderneem.
Ierland is lid van die Verenigde Koninkryk en spog met pragtige natuurtonele en 'n interessante geskiedenis, waarvan talle kastele getuig. Die Ierlandtoer begin in Cork/Cobh en strek oor Blarney, Killarney, Ring of Kerry en Limerick tot in Dublin, hoofstad van Ierland. 'n Voldagtoer deur die 'Ring of Kerry', 'n skaaphonddemonstrasie op 'n gesogte skaapplaas en 'n Ierse aand met tipiese Ierse musiek en aandete is 'n paar van die ervarings wat deel van hierdie toer uitmaak. Ons ry deurgaans op smaller paaie en nie met die snelweg nie sodat ons die panoramiese roetes ten volle kan geniet.
Vanaf Dublin vlieg ons na Zürich van waar ons per bus na Oberammergau reis vir twee nagte verblyf en die bywoon van die Passiespel. Toerlede wat die Ierland- en Skotlandtoer kombineer, bly 'n nag langer in Dublin en vlieg die volgende oggend na Edinburg – hoostad van Skotland.
Die Skotlandtoer skop af in Edinburg, waar kaartjies vir die 'Edinburgh Military Tattoo', 'n stadstoer en 'n 'Spirit of Scotland'-aand met aandete en vermaak by die toerprys ingesluit is. Vanaf Edinburgh reis ons na en oornag in Stirling, Inverness, Fort William en Glasgow. Ons reis neem ons o.a. deur die Cairngorms en Trossachs Nasionale Parke en sluit 'n bootrit op Loch Ness in. Vanaf Glasgow vlieg die groep via Frankfurt-lughawe na München, van waar ons per bus na die omgewing van Oberammergau ry. Die Passiespel wat ons die volgende dag in Oberammergau bywoon, is 'n aangrypende opvoering van die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus en vind net elke tien jaar in hierdie Beierse dorpie plaas.
Aangesien ons 'n jarelange verbintenis met die Passiespelkantoor in Oberammergau het, kon ons kaartjies direk by hulle koop. Ons wou geen risiko's loop om weens onvoorsiene omstandighede laat by die Passiespel op te daag nie en het gevolglik pakkette gekoop wat aan twee nagte se verblyf in of naby Oberammergau gekoppel is. U plek by die Passiespel is dus gewaarborg.
Ons is besonder gesteld op die kwaliteit van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande gehalte deurgaans, toere wat absolute waarde vir geld bied en persoonlike aandag aan toerlede is vir ons prioriteit.
Ons vertrou dat hierdie toer en die Passiespel vir elkeen van u 'n besondere belewenis en diep geestelike ervaring sal wees! Ons sien daarna uit om van u te hoor en saam met u te toer.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.