BRITTANJE

06 - 12/16/24 Augustus 2021
  Hierdie toer sluit talle hoogtepunte van hierdie interessante lande in

BRITSE EILANDE 2021
OPSIE A: ENGELAND, IERLAND, WALLIS EN SKOTLAND 06 – 24 Augustus
R94 799 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R9 232
OPSIE B: IERLAND, WALLIS EN SKOTLAND 10 – 24 Augustus
R76 200 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 885
OPSIE C: ENGELAND EN IERLAND 06 – 16 Augustus
R49 600 (Landreëlings) plus vliegkaartjie, lughawebelasting, fooitjies, koste van visum en reisversekering
EIE OPSIE: SLEGS ENGELAND 06 – 12 Augustus
R29 997 (Landreëlings) plus vliegkaartjie, lughawebelasting, fooitjies, koste van visum en reisversekering
EIE OPSIE: SLEGS IERLAND 10 – 16 Augustus
R23 800 (Landreëlings) plus vliegkaartjie, lughawebelasting, fooitjies en reisversekering
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Britse visum (behalwe vir opsie slegs Ierland), reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word.

Soos u op die program sal sien, sluit ons toer Engeland, Skotland, Wallis en Ierland in.  Ons bied aan belangstellendes die opsie om al vier lande te besoek of te besluit om slegs een of twee van die lande vir ‘n korter reis te kombineer.
Die dag ná aankoms in Londen het u die geleentheid om dié wêreldstad, met behulp van u toerleiers, op u eie te verken.  Van Londen vertrek ons per luukse bus na Cotswolds en besoek Stonehenge in Amesbury en die ou Romeinse baddens in Bath.
Ons reis van Fishguard af per veerboot na Ierland.  Ierland is lid van die Verenigde Koninkryk en spog met pragtige natuurtonele en 'n interessante geskiedenis, waarvan talle kastele getuig.  Die Ierlandtoer begin in Cork/Cobh en strek oor Blarney, Killarney, Ring of Kerry en Limerick tot in Dublin, hoofstad van Ierland.  'n Voldagtoer deur die 'Ring of Kerry', 'n skaaphonddemonstrasie op 'n gesogte skaapplaas en 'n Ierse aand met tipiese Ierse musiek en aandete is 'n paar van die ervarings wat deel van hierdie toer uitmaak. 
Vanaf Dublin, waar ons twee aande tuisgaan, vaar ons weer per veerboot na Wallis, waar ons seker maak dat ons ná 'n besoek aan Beaumaris, nie die dorpie met die langste naam in Europa en tweede langste pleknaam op aarde mis ry nie!  Ons ry deur bergagtige dele tot by die Snowdonberg – die hoogste punt in Wallis. 
Ons ry deurgaans op kleiner paaie sodat ons die panoramiese roetes ten volle kan geniet.  Op pad na Glasgow in Skotland besoek ons die Mere-distrik in Engeland, waar ons 'n bootvaart op Windermere onderneem.  Ons ry in Skotland tot by Loch Ness en Inverness en daarvandaan suidwaarts deur die pragtige Grampian-bergreeks tot by Edinburg.  In die noorde van Skotland, onderneem ons 'n toer deur een van die bekende whiskey-distilleerders in die omgewing.
Ons besoek die hoofstad van Skotland gedurende die tyd wat die jaarlikse Edinburgse militêre taptoe hier plaasvind.  Toerlede het die opsie om 'n opelug-uitvoering van dié beroemde militêre musiekkorps by te woon.  Ons sal u help om vooraf kaartjies hiervoor te bespreek.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van die toere wat ons aanbied en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.  Deeglike beplanning, hoogstaande gehalte deurgaans, toere wat absolute waarde vir geld bied en persoonlike aandag aan toerlede is vir ons prioriteit.
Indien u meer besonderhede verlang of enige vrae het, kan u ons gerus skakel.

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

  

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.