OOS-DUITSLAND EN PASSIESPEL

25 Augustus - 5 September 2020
  Drie nagte in Berlyn en sluit 'n dagbesoek aan Potsdam in.

OOS-DUITSLAND: 2020
25 Augustus – 05 September (R46 450 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 280)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum vir besoek aan Oberammergau en reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die toer begin met drie nagte in Berlyn en sluit 'n dagbesoek aan Potsdam in. Ons besoek Wittenberg, Leipzig, Dresden, Neurenberg, Rothenberg en Augsburg op pad na Oberammergau.
U sal hoor en op plekke sien hoe Duitsland ná 'n verwoestende oorlog uit die as opgestaan en ontwikkel het tot 'n leidende land in Europa.
Die besoek aan Oberammergau is, afgesien van die Passiespel self, 'n prentjiemooi ervaring. Hierdie dorpie se beskilderde geboue en houtsneewerk laat blywende indrukke. Die aangrypende uitbeelding van Jesus Christus se lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart is 'n belewenis wat 'n mens nooit vergeet nie.
Ervare toerleiers vergesel die groep, en ons reis per luukse Duitse bus. Verblyf in drie- en viersterhotelle met volledige ontbyt en aandete is orals ingesluit. Daar is geen verskuilde kostes nie.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere, en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.