BOEDAPEST, WENE, SALZBURG EN PASSIESPEL

24 Augustus - 5 September 2020
  Bustoer na Boedapest, Wene en Salzburg, wat ook die tienjaarlikse Passiespel in Oberammergau insluit. Dit is 'n baie gewilde toer volgende jaar.

BOEDAPEST, WENE, SALZBURG EN PASSIESPEL: 2020
24 Augustus – 5 September (R52 450 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 770)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum vir besoek aan Oberammergau en reisversekering word volgens eie behoefte bepaal.
Die toer begin met twee nagte se verblyf in Boedapest. Daarna bring ons drie aande in die pragtige stad Wene deur. Ons beleef hierdie eeue-oue musiekstad met sy imposante geboue en Weense woude. Die toer bied 'n besondere kultuurervaring deurdat ons 'n musiekkonsert in Wene by die toerprys ingesluit het sodat u kan deel in die ryke nalatenskap van onder andere die musiekmeester Johann Strauss.
Daarna bring ons drie aande in die Oostenrykse musiekstad Salzburg deur en besoek o.a. die Oostenrykse platteland met sy pragtige berge en mere. In Salzburg kan u kies tussen verskeie opsionele konserte soos 'n Marionette-vertoning of 'n verskeidenheid ander Mozart-konserte.
Die toer word afgesluit met twee dae in die omgewing van Oberammergau vir die bywoning van die Passiespel. Die besoek aan die Passiespel is 'n unieke ervaring. Dit beeld die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus uit. Al die deelnemers is inwoners van Oberammergau. Dié Alpedorpie in Beiere se beskilderde huisies en pragtige houtsneekunswerke is 'n belewenis op sigself!
Ervare toerleiers vergesel die groep en ons reis per luukse Duitse bus van Boedapest na Oberammergau. Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere, en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.