SWITSERLAND EN PASSIESPEL

19 - 27 Augustus 2022
Verblyf in die luukse Blüemlisalp Hotel in die Alpedorp Beatenberg bokant Interlaken met 'n uitsig oor Jungfrau, Mönch en die Eiger
SWITSERLAND 2022
19 – 27 Augustus: R40 857 plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R6 862 en koste van Schengenvisum en reisversekering wat volgens eie behoefte bepaal word. (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in Nadere Besonderhede).
In Switserland gaan die groep tuis in 'n pragtige hotel wat in die Bernese Hoogland geleë is. Die hotel bied 'n asemrowende uitsig oor die Thunmeer en op Switserland se drie bergreuse: die Jungfrau, die Mönch en die Eiger.
Die toerprys sluit deurentyd twee etes per dag in.
Switserland bied 'n unieke bekoring met onder meer sneeubedekte berge, reusagtige gletsers, pragtige watervalle en die allermooiste bergdorpies. Indien die weer dit toelaat, onderneem ons groep dagtoere vanaf die hotel na mooi en interessante plekke in die omgewing. Twee daguitstappies word uit die staanspoor by die toerprys ingesluit.
Die uitsig uit die hotel is egter so mooi dat 'n mens byna nie eens nodig het om die hotel te verlaat om die wonder van die Skepping in te neem nie.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word.
Indien u iemand by die kantoor wil sien, versoek ons vriendelik dat u vooraf bel om 'n afspraak te maak, aangesien die kantoor nie voldag beman word nie.
Aangeheg is volle besonderhede oor hierdie toer. Ons vertrou dat dit weer 'n treffer sal wees!
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Switserland droomvakansie
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
EFT: | |
Bank: |
Standard Bank
|
Rekening: | Cheque/Transmission |
Rekeningnaam: | Christine van Wyk-Toere |
Takkode: | 051001 |
Rekeningnommer: | 410722782 |