RUSSIESE MUSIEKTOER

25 Junie - 08 Julie
  Die opwindende bootvaart op die gewilde Wolga-waterweg tussen Moskou en St Petersburg is 'n fassinerende ervaring wat aan toeriste unieke wêreldklas-besienswaardighede bied.

RUSSIESE MUSIEKTOER 2020
25 Junie – 08 Julie (R40 270 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 900)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die musiektoer na Rusland is die derde musiektoer wat Christine van Wyk-Toere en Lorraine du Toit-Havemann Studio for Vocal Excellence aanbied. Die vorige twee musiektoere het op musiekstede in Europa gefokus. In Junie en Julie 2020 sprei ons ons vlerke met 'n musiektoer wat met ‘n bootvaart in Rusland gekombineer word.
Rusland se musiek, sang, operas en ballet is wêrelbekend. Ons doen ons bes om 'n vertoning in die Bolshoi-teater in Moskou by te woon en waarborg 'n balletuitvoering asook 'n folklore-vertoning in St Petersburg. Indien 'n uitvoering in die Bolshoi-teater nie realiseer nie (teaterskedules is eers drie maande voor vertonings beskikbaar), sal 'n ander musiekuitvoering in Moskou by die toerprogram en -prys ingesluit word.
'n Voltydse Russiese gids en musikant vergesel ons groep vir die volle duur van die reis in Rusland.
'n Besoek aan Rusland, die land van die 'Rooi Gevaar', is uitsonderlik. Die Rooiplein, Kremlin en indrukwekkende ondergrondse treinstasies in Moskou en die weelderige kastele uit die tsaars se tyd in St Petersburg laat onvergeetlike indrukke van hierdie kleurvolle en diverse land. Om nie te práát van die rustige bootvaart self en die besoeke aan indrukwekkende dorpies langs die magtige waterweg tussen Moskou en St Petersburg nie.
Rusland is heeltemal anders as enige ander Europese land en 'n reis daardeur is 'n besondere belewenis. Ná 'n kommunistiese bewind van sewentig jaar en die daarmee gepaardgaande agteruitgang en sanksies, is Rusland besig om vinnig vooruit te gaan. Die eeue-oue kultuur van die mense bestaan egter voort en om dít eerstehands te ervaar, is 'n unieke belewenis.
Terwyl 'n mens in die gerief van 'n drywende hotel ontspan, beweeg die manjifieke en sprokiesmooi Russiese landskap met interessante dorpies uit vergange se dae by jou verby. Daar is volop geleentheid vir opwindende uitstappies na historiese stede en kulturele besienswaardighede.
Ons vaar met die MS Pushkin, wat deel van Mosturflot se vloot vorm. Die buite-kajuite wat ons bespreek het, bied maksimum uitsig deur die groot vensters. Elke kajuit het 'n private klein badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kajuit het ook lugverkoeling (wat individueel gestel kan word), enkelbeddens op grondvlak (nie stapelbedjies nie) en 'n ingeboude kas. Die kajuite is nie groot nie, maar gerieflik.
Behalwe vir drie volledige etes per dag op die boot, is die volgende ook by die toerprys ingesluit:
Begeleide stadstoer van Moskou wat 'n besoek aan die Rooiplein, die Kremlin en ander besienswaardighede insluit.
Besoek aan Moskou se ondergrondse (Metro)-treinstasies – 'n moet!
Musiekuitvoering in die *Bolshoi- of ander bekende teater in Moskou.
(*Uitvoering in Bolshoi-teater onderhewig aan beskikbaarheid en bekostigbaarheid)
Begeleide toere van die dorpies waar ons vasmeer.
Shashlyk-piekniek in Mandrogy, indien die weer dit toelaat.
Begeleide stadstoer van St Petersburg.
Besoek aan die Hermitage-museum – 'n hoogtepunt.
Ballet-uitvoering in Aleksandrinksy-, Mariinsky-, Mikhailovsky- of soortgelyke teater in St Petersburg.
Folklore-vertoning in St Petersburg.
Voltydse Engelssprekende Russiese gids gedurende die bootvaart.
Tweetalige toerleier vergesel groep vanaf en terug na Suid-Afrika.
Lesings oor Russiese geskiedenis, kultuur en ekonomie.
Russiese taal- en sanglesse.
Voltydse musikant en musiekkonserte saans aan boord.
Kaptein se afskeidsdinee.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Rusland Musiek Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

%MCEPASTEBIN%
Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.