MIDDELLANDSE SEEBOOTVAART en PASSIESPEL

26 Augustus - 08 September 2020
  Venesië, Kroasië, Montenegro, Santorini, Katakolon
MIDDELLANDSE SEEBOOTVAART EN PASSIESPEL 2020
26 Augustus – 08 September (R55 540 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 820)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Christine van Wyk-Toere het reeds 'n paar toere met bote van die Royal Caribbean-vloot onderneem en kan u verseker dat die vaart een groot bederf is. Die toer sluit verblyf en twee maaltye per dag in Venesië en drie maaltye per dag op die boot in.
Op hierdie toer gaan u luukse weelde ervaar en genoeg tyd hê om te ontspan terwyl u ook die geleentheid gaan kry om van die mooiste plekke aan die Adriatiese See te besoek. Besoekpunte wissel van antieke stede tot skilderagtige Griekse eilande en die romantiek van Venesië.
U sal merk dat uitstappies wat vanaf die boot onderneem word opsioneel is, aangesien besprekings daarvoor direk aan boord gemaak moet word. Ons het ongelukkig nie beheer daaroor nie, maar verskaf graag leiding indien u nie die bootuitstappies wil meemaak nie en byvoorbeeld van die eilande/stede op u eie wil verken.
Ons bied privaat besigtigingstoere vir ons groep in Venesië aan, wat by die toerprys ingesluit is. Dit gee ons geleentheid om saam as groep iets te doen.
Die besoek aan Oberammergau is een van die toerhoogtepunte. Dis 'n aangrypende ervaring om die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus te sien soos die inwoners van Oberammergau dit uitbeeld. Dit is 'n onvergeetlike ervaring!
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.