PASSIESPEL 2022

Aangesien ons 'n jarelange verbintenis met die Passiespel-kantoor by Oberammergau het, kon ons kaartjies direk by hulle koop.  U plek by die Passiespel is dus gewaarborg!

PASSIESPEL 2022
Die vertonings in Oberammergau word vyf dae per week gedurende Mei tot begin Oktober aangebied en in twee dele opgevoer.  Die eerste deel vind in die middag plaas.  Gedurende pouse geniet gaste aandete in 'n plaaslike restaurant in Oberammergau, wat gevolg word deur die tweede deel van die spel, wat gedurende die aand plaasvind.  
Passiespelpakkette
Die Passiespelpakkette word by al die toere ingewerk.  Dit sluit onder andere Kategorie 2-kaartjies, twee nagte akkommodasie, twee etes per dag, vervoer in of naby Oberammergau asook 'n Passiespelhandleiding in. 
Aangesien ons geen waagstukke wou aangaan om weens onvoorsiene omstandighede laat by die vertonings op te daag nie, sluit al ons Passiespelpakkette twee nagte verblyf in of naby Oberammergau in.  Ons oornag die aand vóór sowel as die aand na afloop van die vertoning in plaaslike hotelle/gastehuise.
Toerdatums en -pryse
Finale toerdatums sal gedurende 2021 beskikbaar wees. 
Inskrywing en deposito
Hierdie inligting sal in 2021 beskikbaar wees
Ons is besonder gesteld op die kwaliteit van ons toere en dit is vir ons van kardinale belang dat toerlede ons toere ten volle geniet en ervaar dat hulle werklik waarde vir geld kry.  Ons verskaf op versoek graag name en telefoonnommers van mense in u omgewing wat reeds saam met ons getoer het.  Op hierdie wyse kan u oud-toerlede se objektiewe menings verkry. 
Ons vertrou dat die Passiespel vir elkeen van u 'n innige en diep geestelike en lewenservaring sal wees.  Ons sien daarna uit om van u te hoor en saam met u te reis.
Vriendelike groete en seënwense.
Franita Botha
Besturende direkteur
Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Waaroor die Passiespel gaan
Opsomming van toere vir 2022 sal in 2021 beskikbaar wees
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie
Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
Christine van Wyk-Toere bly gedurende die Covid-19-pandemie
op die spreekwoordelike aanloopbaan.
Alle toere op hierdie webwerf is uitgestel tot 2021,
wanneer ons weer sal opstyg en saam met u die wêreld verken!
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.