FRANSE PLATTELAND EN PASSIESPEL

31 Aug/07Sep - 17 September 2020
 Die toer begin in die natuurskone Nice aan die Middellandse See in die suidooste van Frankryk.

FRANSE PLATTELAND EN PASSIESPEL 2020
Opsie 1: 31 Augustus – 17 September (R75 350 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 773)
Opsie 2: 07 – 17 September (R47 500 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 150)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Om by die heel mooiste plekke op die beplande roete uit te kom, kan 'n mens nie met 'n groot bus ry nie. Ons ry veral tydens die eerste helfte van die toer met tye op tweespoorpaadjies en bespreek gevolglik ‘n kleiner voertuig vir dié deel van die toer. Die kleiner bussies maak die toer nie net meer eksklusief nie, maar ongelukkig ook duurder as wanneer die groep met een groot toerbus sou ry.
Vir 2020 kan die Franse plattelandtoer as geheel of gedeeltes van die toer met of sonder die Passiespel in Oberammergau onderneem word. Hierby aangeheg is die toerprogram en volledige inligting oor 2020 se reis deur die Franse platteland.
Baie mense dink dat 'n mens Frankryk gesien het wanneer jy Parys besoek het. Hoe mooi Parys ook al is, is 'n besoek aan die Franse platteland die éíntlike kennismaking met hierdie pragtige Europese land.
Die Franse platteland bied 'n groot verskeidenheid besienswaardighede wat wissel van natuurtonele tot antieke stede en dorpies wat deur eeue heen bewaar gebly het. Daar is o.a. die indrukwekkendste kastele en mooiste tuine – as't ware kunswerke uit vergange se dae! Geen wonder dat so baie van die plekke wat ons besoek op Unesco se lys van Wêrelderfenisgebiede verskyn nie.
Die toer begin in die natuurskone Nice aan die Middellandse See in die suidooste van Frankryk. Ons gaan tuis in Vence, waarvandaan ons van die skilderagtigste bergtopdorpies in die omgewing verken. Ons verwonder ons aan die Côte d'Azur-kus aan die Franse Riveira en reis via die hart van Provence tot in Aix-en-Provence. Ons besoek idilliese dorpies in Frankryk en gaan tuis in Avignon, waar ons in die omgewing die indrukwekkende Romeinse Pont du Gard-akwaduk besoek. Ons reis per sneltrein na Parys en daarvandaan per bus na Giverny aan die Seinerivier om die skilder, Claude Monet, se beroemde tuin te besoek. Vanaf Giverny reis ons via die Loire-vallei, ook bekend as die 'tuin van Frankryk' tot in Villandry. Ons besoek die Villandry-kasteel en sien talle ander indrukwekkende kastele in die Loire-gebied, voordat ons laasgenoemde vir die Boergondië-wynstreek verruil, waar ons o.a. van Frankryk se beroemdste wyne kan proe. Ons oornag in die hart van die bergtopdorpie Vézelay, waarvandaan ons na die ooste van Frankryk reis. Ons gaan twee nagte in die skilderagtige dorpie Riquewihr in die   Franse platteland tuis op pad na Oberammergau vir die Passiespel wat elke tien jaar in hierdie Beierse dorpie in Duitsland plaasvind.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van die toere wat ons aanbied en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.
Kontak ons gerus indien u meer besonderhede verlang of enige vrae het.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

Pay

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.