RUSSIESE BOOTVAARTE EN PASSIESPEL

Vanaf Junie tot Augustus
  'n Besoek aan Rusland, die land van die "Rooi Gevaar", is ongelooflik. Ons bied in 2020 drie bootvaarte van Moskou na St Petersburg aan.

RUSSIESE BOOTVAARTE: 2020
RUSLAND I:
Opsie 1 met Passiespel: 16 Junie – 01 Julie (R52 820 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 080)
Opsie 2 sonder Passiespel: 19 Junie – 01 Julie (R38 650 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 780)
RUSLAND II: 
Opsie 1 met Passiespel: 26 Julie – 10 Augustus (R52 820 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R9 730)
Opsie 2 sonder Passiespel: 29 Julie – 10 Augustus (R38 650 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 210)
RUSLAND III: 
Opsie 1 met Passiespel: 13 – 29 Augustus (R68 850 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R9 340)
Opsie 2 sonder Passiespel: 13 – 25 Augustus (R48 750 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 400)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum vir besoek aan Oberammergau en reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die besoek aan die Passiespel is 'n unieke ervaring. Dit beeld die lyding, kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus uit. Al die deelnemers is inwoners van Oberammergau. Dié Alpedorpie in Beiere se beskilderde huisies en pragtige houtsneekunswerke is 'n belewenis op sig self!
'n Besoek aan Rusland, die land van die 'Rooi Gevaar', is ongelooflik: Moskou met die Kremlin, die Rooiplein en indrukwekkende ondergrondse treinstasies (Moskouse Metro) en St Petersburg met die weelderige kastele uit die tsaars se tyd en die beroemde Russiese balletgeselskappe laat onvergeetlike indrukke. Om nie te práát van die rustige bootvaart self en die besoeke aan dorpies langs die magtige waterweg tussen Moskou en St Petersburg nie.
Rusland is heeltemal anders as enige ander Europese land en 'n reis daardeur is 'n besondere belewenis. Ná 'n kommunistiese bewind van sewentig jaar en die daarmee gepaardgaande agteruitgang, is Rusland deesdae, ten spyte van sanksies, besig om vinnig vooruit te gaan. Die eeue-oue kultuur van die mense bestaan egter voort en om dít eerstehands te beleef, is waarskynlik een van die grootste trekpleisters van hierdie toer.
In 2020 bied Christine van Wyk-Toere vier toere na Rusland aan. Drie hiervan word aan die Passiespel in Oberammergau gekoppel, maar kan ook sonder die Passiespel onderneem word. Die eerste twee Russiese bootvaarte vind op die MS Rublev plaas en die derde vaart op 'n luukser passasiersboot, die MS Victoria. Die Russiese musiektoer kan nie met die Passiespel gekombineer word nie en vind op die MS Pushkin plaas. (Sien Rusland Musiektoer onder Toere).
Die opwindende bootvaart op die gewilde Wolga-waterweg tussen Moskou en St Petersburg is 'n fassinerende ervaring. Dit bied aan toeriste 'n unieke vermenging van wêreldklas-besienswaardighede. Die netwerk van kanale en riviere is 'n ongelooflike ingenieursprestasie en 'n mens vaar o.a. oor Europa se twee grootste mere.
Terwyl ons in die gerief van ons 'drywende hotel' ontspan, beweeg die manjifieke en sprokiesmooi Russiese landskap met interessante dorpies uit vergange se dae by ons verby. Daar is volop geleentheid vir opwindende uitstappies na historiese stede en kulturele besienswaardighede by die plekke waar ons vasmeer.
Die buite-kajuite wat ons bespreek het, bied maksimum uitsig deur die groot vensters. Elke kajuit het 'n private klein badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kajuite beskik oor lugverkoeling (wat individueel gestel kan word), enkelbeddens op grondvlak (nie stapelbedjies nie) en ingeboude kaste. Behalwe drie volledige etes wat ons per dag geniet, is die volgende ook by die toerprys ingesluit:
Aandete en ontbyt in Oberammergau en Zürich vir diegene wat die Passiespel bywoon
Begeleide stadstoer van Moskou wat o.a. 'n besoek aan die Rooiplein en die Kremlin insluit
Besoek aan die Armoury (wapenkamer met uistalling van kroonjuwele en skatte van die Tsaars)
Besoek aan Moskou se ondergrondse treinstasies – 'n moet!
Begeleide toere van die dorpies waar ons aandoen
Shashlyk-piekniek in Mandrogy, indien die weer dit toelaat
Begeleide stadstoer van St Petersburg
Besoek aan die Hermitage-museum – 'n hoogtepunt
Besoek aan Peterhoff
Besoek aan St Isaac-katedraal
Folklore-vertoning in St Petersburg
Middagete in 'n tipiese, Russiese restaurant in Moskou of op die laaste dag in St Petersburg
Voltydse Engelssprekende Russiese gids gedurende die toer
Russiese taal- en sanglesse
Musiekkonserte aan boord
Kaptein se afskeidsdinee
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.