DONAUVAART EN SALZBURG

19 Oktober - 1 November 2021
  'n Vaart op die Donau-rivier bly 'n heerlike ondervinding

DONAUVAART EN SALLZBURG 2021
19 Oktober – 1 November (R46 650 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R9 100)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal

Te midde van die Covid-19-pandemie, is ons positief en bly ons gereed om Europa aan te durf sodra die sogenaamde "nuwe normaal" aan die orde van die dag is.  Die Donauvaart in Oktober het 'n belowende uitsig op oorlewing.  Ons vertrou dat internasionale grense gedurende die tweede helfte van 2021 sal oop wees en dat 'n inenting teen die virus teen daardie tyd vir alle reisigers toeganklik sal wees.
Hierdie is 'n rustige toer wat agt nagte op die romantiese Donaurivier en drie nagte in die musiekstad Salzburg insluit.
Ons beleef 'n besondere kultuurervaring wanneer ons 'n musiekkonsert in Wene bywoon en só deel in die ryke nalatenskap van o.a. die musiekmeester Johan Strauss. 
Die toerprogram is met sorg uitgewerk en dek van die mooiste dele in Europa.  Ons besoek indrukwekkende stede soos Boedapest, Bratislava, Wene, Salzburg asook die pragtige Salzkammergut en beleef die onbeskryflike skoonheid van die Hongaarse en Oostenrykse platteland.
Ervare toerleiers vergesel die groep en ons reis per luukse Duitse bus na Salzburg.  Verblyf op die boot sluit drie maaltye per dag in.  Verblyf in 'n gerieflike hotel binne stapafstand van die ou stad met volledige ontbyt en aandetes is gedurende die bustoer ingesluit. 
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet. 
Skakel ons gerus indien u meer besonderhede verlang of enige vrae het.

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings.

 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.