DONAUVAART SWARTSEE TOT WENE

14 - 28 September 2020
  Donauvaart vanaf die Swartsee in Roemenië tot in die Oostenrykse hoofstad, Wene.

DONAUVAART SWARTSEE TOT WENE 2020
14 – 28 September (R48 750 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 056)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Dit is op versoek van talle oudtoerlede vir 'n bootvaart wat by die Swartsee begin of eindig, wat ons hierdie toer in 2020 met trots vir die eerste keer aanbied. 
Ons vlieg 'n dag vroeër as wat die bootvaart begin na Europa en slaap 'n nag in Amsterdam. Dit is spesifiek gedoen, omdat ervaring ons geleer het dat die visumaansoekproses vir Roemeense asook Hongaarse visums 'n nagmerrie is! Ons oornag in Amsterdam verseker dus dat ons by die Nederlandse Ambassade vir Schengenvisums kan aansoek doen.
Die toer bied 'n besondere kultuurervaring deurdat ons tydens die bootvaart in Roemenië, Bulgarye, Serwië, Kroasië, Hongarye, Slowakye én Oostenryk aandoen. Reisigers wat wil, het die opsie om na afloop van die vaart in Wene agter te bly en 'n musiekkonsert of twee in Wene by te woon en op dié manier te deel in die ryke nalatenskap van o.a. die musiekmeester Johan Strauss.U ontvang hiermee volledige inligting oor hierdie toer.
Ervare toerleiers vergesel die groep en ons vaar met 'n viersterrivierboot. Talle uitstappies aan land, drie topgehalte etes en twee gratis drankies per dag, gratis koffie en tee 24/7 asook verskeie vermaak wat op die boot aangebied word, is by die toerprys ingesluit.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.
Skakel ons gerus indien u meer besonderhede verlang of enige vrae het.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.