SWITSERLAND

 10 - 21 Mei 2020
  Nege nagte in die luukse Blüemlisalp Hotel in die Alpedorp Beatenberg bokant Interlaken

SWITSERLAND 2020
10 – 21 Mei
(R30 580 plus *verpligte uitgawes van R6 880)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Kan met Rynvaart gekombineer word
RYN EN SWITSERLAND: 29 April –21 Mei
(R64 820 plus *verpligte uitgawes van R7 760)
Toerlede wat slegs Switserland besoek, vertrek op 10 Mei vanaf Suid-Afrika na Zürich, waar hulle per luukse bus na Beatenberg in die Switserse Alpe geneem word.
Diegene wat die Ryntoer onderneem en dié reis na Switserland verleng, word vanaf Basel per bus na Beatenberg vervoer.  (Sien Toerprogram.)
Vir 9 nagte bly ons in Beatenberg, bo in die Alpe.  Dit is in die hartjie van die Bernese Hoogland, slegs 10 km van Interlaken af.  Almal wat reeds dié toer meegemaak het, kan getuig dat dit 'n onvergeetlike belewenis is.  'n Mens kan selfs maar net in Beatenberg bly en die geselligheid van die hotel en asemrowende uitsig en omgewing geniet, dan is 'n mens se verblyf reeds oor en oor die moeite werd.  Onderneem jy dan boonop sommige van die opsionele dagtoere, word dit die ervaring van 'n leeftyd!
WAAROM JUIS BEATENBERG?
Switserland het natuurlik ook ander pragtige dele, maar nêrens is die verskeidenheid van natuurskoon geografies so naby mekaar geleë as vanaf Beatenberg nie!  Hier beleef 'n mens alles wat jy in die res van Switserland kry én meer!
Beatenberg lê bo teen die Niederhorn in die hart van die Switserse Alpe.  Daar is seker nêrens in Europa 'n hotel wat mooier geleë is as juis dié een waarin ons in Beatenberg tuisgaan nie.  Vanuit die hotel kyk 'n mens af op die diepblou Thunmeer en wanneer jy opwaarts kyk, het jy 'n skouspelagtige uitsig op die      drie bergreuse – die Eiger, die Mönch en die Jungfrau – wat 'n fokuspunt in die omliggende Alpekettings vorm!  Dis aangrypend en onbeskryflik mooi – 'n mens staan werklik verruk!  Beatenberg lê naby dié bergreuse en ander beroemde bergspitse wat per kabelspoor bereik kan word.  As 'n mens gelukkig is om 'n sneeuval te beleef, verander Beatenberg in 'n feëparadys!  Hier vind 'n mens rus en vrede en kan jy nie anders as om 'n stukkie van jou hart te verloor nie.
WEELDERIGE HOTEL
Die hotel is toegerus met 'n binnenshuise swembad, sauna en ander ontspanningsgeriewe.  Elke wooneenheid bestaan uit 'n slaapkamer, badkamer en sitkamer met 'n telefoon, radio en kleurtelevisie.  Dit is strategies geleë – 10 minute se stap na die rattrein wat na die Thunmeer afry.  Die munisipale bus na Interlaken vertrek van rég voor die hotel en laai 'n mens ook weer daar af.  Hotelgaste ontvang 'n besoekerskaartjie waarmee jy gratis tussen Beatenberg en Interlaken op dié bus kan ry.  Daar is pragtige wandelpaaie in die omgewing.  Elke jaar is daar toerlede wat opmerk:  "Ons kan maar net in die hotel bly en die asemrowende natuurskoon geniet – dít op sigself is 'n ongelooflike vakansie!" 
Kontak ons gerus indien u brosjures van die hotel en Switserland wil hê.
OPSIONELE DAGTOERE IN SWITSERLAND
Met vooraf georganiseerde toere moet die voorgeskrewe toerprogram gewoonlik nougeset gevolg word – selfs ten spyte van slegte weer.  Op hierdie toer kan ons egter die dae uitkies en seker maak dat die sig goed is voordat ons 'n bergspits of mooi bergpas aandurf.  Op 'n bewolkte dag besoek ons byvoorbeeld eerder 'n stad waar die weer nie so 'n groot rol speel nie.  Ons vermy ook snelweë om die allermooiste natuurskoon, wat vanaf 'n snelweg dikwels onsigbaar is, te kan geniet.  Ons kry die unieke geleentheid om Switserland behoorlik te verken, maar saans is ons terug in ons hotel om heerlik te ontspan sonder om in en uit hoef te pak! 
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie
Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.