RYNVAART

29 April - 12 Mei 2020
Kombineer die rustigheid van 'n bootvaart op Europa se grootste rivier vanaf Amsterdam tot in Basel met die blommeprag van die wêreldbekende Keukenhof

RYNVAART 2020
Opsie A: Rynvaart Alleen 29 April - 12 Mei
(R43 250 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 950)
Opsie B: Rynvaart en Switserland 29 April – 21 Mei
(R64 820 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 760)
Opsie C: Switserland Alleen 10 - 21 Mei
(R33 580 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 880)
(vir meer besonderhede oor hierdie opsie sien Switserland onder Toere)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die belangstelling in ons jaarlikse Rynvaart is so groot dat ons in 2020 'n spesiale bootvaart aanbied.  Dit is ter wille van diegene wat nie die Passiespel in Oberammergau wil bywoon nie, maar steeds die gewilde Rynvaart wil meemaak.
Die Rynvaart wat aanstaande jaar in kombinasie met die Passiespel aangebied word, is reeds vol.
Die Rynvaart is Christine van Wyk-Toere se vlagskiptoer sedert dit meer as 40 jaar gelede vir die eerste keer aangebied is.  Sedertdien het duisende Suid-Afrikaners hierdie vaart al meegemaak – sommige reeds verskeie kere.
Die spesiale Rynvaart in 2020 duur van 29 April tot 12 Mei.  Diegene wat die toer na Switserland wil verleng, bly tot 21 Mei in Europa.  Daar is ook 'n opsie om nét Switserland van 10 tot 21 Mei te besoek.
Die Rynvaart begin in Amsterdam en eindig in Basel.  Dit is 'n rustige toer en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer.  Drie etes per dag op die boot is by die toerprys ingesluit!
Behalwe verskeie hoogtepunte, soos die besoek aan Keukenhof – die wêreld se grootste blomtuin – is daar gedurende die toer genoeg vrye tyd om plekke op die roete self te verken. 
Besoeke aan Volendam, Keulen (Köln) met sy indrukwekkende katedraal, die pragtige Rüdesheim, Speyer, Strasbourg en die Swartwoud is by die toerprys ingesluit. 
Ons boot vaar op die sogenaamde Kasteelroete van die Ryn – 'n Unesco-wêrelderfenisgebied met talle kastele wat die glorie van weleer in herinnering roep.  Ons beleef ook 'n deel van die natuurskone Moeselvallei wanneer ons na die pragtige Middeleeuse stadjie Cochem vaar. 
In Switserland gaan die groep tuis in die Bernese Hoogland.  Die hotel bied 'n ongelooflike uitsig oor die Thun-meer en op Switserland se drie bergreuse:  die Jungfrau, die Mönch en die Eiger.  Vanaf ons hotel onderneem die groep opsionele dagtoere na van Switserland se mooiste dele, soos Zermatt aan die voet van die internasionaal bekende Matterhorn. 
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere.  Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit. 
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word. 
Ons vertrou dat Ryntoer 2020 weer 'n treffer sal wees!
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Toerprogram
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie
Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.