Mareli Louw

 

Mareli Louw ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )
Tel: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678

Mareli is een van Christine van Wyk se kleindogters en reeds jare deeltyds by die maatskappy betrokke. Reeds gedurende haar vakansies as hoërskoolleerling op Bronkhorstspruit, het sy tik- en vertaalwerk vir haar ouma se maatskappy gedoen. Na skool bekwaam sy haar as skakelbeampte en joernalis en behaal 'n Kommunikasiekunde-graad aan die UOVS. As "au pair" in Bad Honnef, Duitsland, leer sy Duits vlot praat en begin as toerleier vir Christine van Wyk-Toere in Europa optree. Sy behaal 'n HOD-graad en hou vir agt jaar skool, voordat sy haar met die draai van die millennium voltyds by die Christine van Wyk-kantoor span aansluit. Na twee jaar is sy terug onderwys toe en oor die daarop volgende agt jaar begin sy oa 'n kinderkoerant en gastehuis in Midrand. In Februarie 2012 sluit sy weer by die maatskappy aan.

Mareli is verantwoordelik vir die saamstel van toere en die logistieke reëlings wat toere voorafgaan. Sy is slegs soggens in die kantoor.


Terug