Welkom by Christine van Wyk-Toere


CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.


Gespesialiseerde toere word jaarliks tot in die fynste besonderheid beplan en na die buiteland onderneem. Tevrede toerlede maak graag by herhaling van dié reise mee. Christine van Wyk-Toere bied aan duisende Suid-Afrikaners die geleentheid om die unieke verskeidenheid van verskillende lande op 'n besondere manier te ervaar. Toerlede kan heerlik in die bekwame hande van die maatskappy se ervare en toegewyde toerleiers ontspan en met uitstekende waarde vir geld elke reis ten volle geniet.


Sedert 2012 het Christine van Wyk-Toere elke jaar nagenoeg 500 Suid-Afrikaners oorsee geneem. Talle het die voorreg gehad om die internasionaal befaamde André Rieu in sy tuisstad, Maastricht, te sien optree. Dit was 'n onvergeetlike belewenis! .


2017 was weereens 'n besondere jaar:  Ou vriende het weer heerlik saam getoer, hegte vriendskappe is gesluit en nuwe toerlede het by die maatskappy se groeiende toerfamilie aangesluit.


Baie dankie aan elkeen wat reeds op een of meer van ons toere saamgegaan het. Dit was vir ons 'n voorreg om u oorsee te neem en te leer ken. Ons vertrou dat u in die toekoms weer saam met ons sal reis.


Toergroete


Franita Botha
Besturende direkteur
Christine van Wyk-Toere

CVW JPEG File CMYK

 

Save

Save