PASSIESPEL 2020

Daar is wêreldwyd ongekende belangstelling in die Passiespel van 2020. Christine van Wyk-Toere het daarom reeds kaartjies bestel vir hierdie tienjaarlikse fees in Oberammergau. Die Passiespel vind van      16 Mei tot 4 Oktober 2020 plaas en word as oornagpakkette aangebied. Die pakkette bestaan uit twee nagte se verblyf met ontbyt, goeie kategorie Passiespelkaartjies, aandete in die hotel ná aankoms, aandete tydens die drie-uur-pouse van die Passiespel, gebruik van gratis pendelbus, gratis Engelse teksboek en toeristebelasting. Die Passiespel se vertoningstyd is soos volg:

Van 16 Mei tot 16 Augustus: Deel I: 14:30 – 17:00 en Deel II: 20:00 – 22:30.
Van 17 Augustus tot 4 Oktober: Deel I: 13:30 – 16:00 en Deel II: 19:00 – 21:30.

Ons gaan die Passiespel met verskeie oorsese toerprogramme kombineer. Van die toere sal 'n kombinasie wees van ons bestaande toere mét die Passiespel in Oberammergau. Ander sal nuwe toere wees en sowel langer en korter toerprogramme wat aan die Passiespel gekoppel is, word beplan. Volledige besonderhede van al die toere, wat die tydsduur, lande wat besoek word en pryse insluit, sal later beskikbaar wees en aan alle belangstellendes gestuur word.

Weens die verwagte belangstelling in die Passiespel 2020 is besluit dat voornemende Passiespelgangers nou reeds hul plek op 'n Passiespel-toer vir 2020 kan bespreek. Dit sal verseker dat u 'n kaartjie vir die Passiespel in 2020 het en voorkeurplek kry op die toer waarop u gaan inskryf. U kan later, wanneer meer besonderhede oor die verskillende toeropsies beskikbaar is, besluit watter toer u die beste pas. U is ook welkom om vir ons 'n aanduiding te gee van die lande wat u graag saam met die Passiespel wil besoek.

Klik op die inskrywingsvorm hieronder om met 'n deposito van R1 500 te verseker dat u in 2020 saam met Christine van Wyk-Toere die Passiespel in Oberammergau bywoon. Ons het reeds deposito's op die Passiespelkaartjies betaal. Die deposito is ten volle terugbetaalbaar, indien u later besluit om nie saam met ons die Passiespel by te woon nie.
Inskrywingsvorm

 

 


Terug