TOERE 2019
Ons bring die wêreld aan u voete met elke besondere roete
meer as 30 jaar ervaring in hierdie veld waarborg ongelooflike waarde vir geld!
Alle pryse sluit vliegkaartjies en 2 etes per dag (3 etes op alle bootvaarte) in.
U toer se kwaliteit is ons prioriteit
Klik op die toer vir volledige inligting.

 

*Sien Nadere Besonderhede onder elke toer vir verpligte uitgawes


 

 

MS Carmen

RYNVAART: 22 April - 06 Mei (Opsie A)
Prys: R45 750, plus *verpligte uitgawes van ± R6 650.
Kombineer die rustigheid van 'n bootvaart op Europa se grootste rivier van Amsterdam tot in Basel, met die blommeprag van die wêreldbekende Keukenhof. Gedurende die bootvaart meer ons vas by stede langs die Ryn en die Moesel en besoek ons talle besienswaardighede. Dan volg die romantiese roete op die Ryn met sy talle kastele en hul legendes en 'n daglange bustoer deur die pragtige Swartwoud. Dis 'n ontspanne toer met drie uitstekende maaltye per dag en volop geleentheid om met nuwe vriende te kuier.

 

  RYNVAART EN SWITSERLAND: 22 April - 15 Mei (Opsie B)
Prys: R67 770 plus verpligte uitgawes van ± R7 460
Hierdie is 'n kombinasie van twee toere: Rynvaart (Opsie A hier bo) en Switserland (Opsie C hier onder).

 Jungfrau Berg 2

SWITSERLAND: 04 - 15 Mei: (Opsie C)
Prys R32 350, plus *verpligte uitgawes van ± R6 580.
Nege nagte in die luukse Blüemlisalp Hotel in die Alpedorp Beatenberg bokant Interlaken, met 'n sprokiesmooi uitsig oor die Thun-meer na van die mooiste berge in Switserland. Daar is opsionele uitstappies na die gewildste besoekpunte, oa na die Jungfrau, Schilthorn, Zermatt en Luzern wat fyn beplan word volgens die weerstoestande van elke dag.
Kaart Roemie Bulgarye 

ROEMENIË EN BULGARYE: 16 - 30 Mei
Prys R38 950, plus *verpligte uitgawes van ± R6 440.
Hierdie twee Oos-Europese lande is kultuurskatte met eeue-oue tradisies. Pragtige natuurtonele en talle besienswaardighede vorm deel van hierdie reis. Roemenië alleen spog met 25 plekke wat deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys is. Een van die plekke wat ons besoek, is die legendariese Dracula-kasteel met sy geheimsinnige verlede. Om in die ou stede se keisteenstegies te wandel, plaas 'n mens terug in vervloë tye.

 

Verdi

DONAU/PRESTIGE-TOER  (Per bootvaart en bus):
26 Mei - 9 Junie
Prys: R45 850 plus verpligte uitgawes van ± R6 425
Bootvaart van Boedapest na Passau. Vertoef 'n nag in Boedapest, onderneem 'n stadstoer en besoek Szentendre in die Hongaarse platteland. Van Boedapest af vaar die boot rustig op die Donau-rivier na Passau, met uitstappies by verskeie dorpies en stede op die roete soos Bratislava, Wene, Dürnstein en Melk. Vanaf Passau word die toer per bus voortgesit. U kuier twee dae in Praag, die stad wat soms as die Goue Stad beskryf word met sy besondere atmosfeer en sjarme, en twee dae in die pragtige musiek-stad Salzburg.

 

 Vrijthof Maastricht

NEDERLAND, BELGIË EN ANDRÉ RIEU-KONSERT:
Volledige besonderhede binnekort beskikbaar
(Klik hier vir 2018 se inligting).

Die toer begin in Amsterdam, van waar die boot na verskeie goed bewaarde dorpies aan die Ysselmeer vaar. Daarna reis ons na die diamantstad Antwerpen van waar ons 'n daguitstappie na Brugge onderneem. Dan kom Maastricht aan die beurt waar ons die opelug-konsert van die internasionaal bekende Andre Rieu in sy tuisstad bywoon. Dis 'n hoogtepunt van die toer. Die boot vaar daarna verder na Mook en ontskeep in Venlo.

 

mosc38z

RUSSIESE BOOTVAART: 23 Junie - 6 Julie
Volledige besonderhede binnekort beskikbaar. (Klik hier vir 2018 se inligtig)
'n Bootvaart op Rusland se beroemde waterweë van Moskou na St Petersburg. Ontspan op 'n drywende hotel. Besoek in Moskou die Kremlin, die indrukwekkende Rooiplein en die wêreldbekende ondergrondse treinstasies. In St Petersburg besoek ons die weeldepaleise van die tsaars, Peterhoff met sy goue fonteine en pragtige tuine, die onvergelyklike Hermitage-museum met Rembrandt se Verlore Seun.

 

 Noorwee fjords 2

SKANDINAWIË:
Volledige besonderhede binnekort beskikbaar. (Klik hier vir 2018 se inligting)
Finland, Swede, Noorweë en Denemarke – 'n ongelooflike wêreld van fjorde, gletsers, sneeubedekte berge en asemrowende bergpasse. Die toer sluit verskeie bootvaarte in, 'n besoek aan 'n gletser, 'n onvergeetlike retoer-treinrit van Flam na Myrdal, die Noorse Lapland en die middernagson by Noordkaap! Hierdie is 'n luukse toer met onvergelykbare hoogtepunte!

 

Lisbon 

 PORTUGESE PLATTELAND:
Volledige besonderhede binnekort beskikbaar. (Klik hier vir 2018 se inligting)
Hierdie gewese seevaardersland bied baie meer vir die toeris as net die hoofstad, Lissabon. Ons reis per bus na die pragtige platteland wat 'n bekoring van sy eie het en sien en besoek eeue-oue dorpies met smal keisteenstraatjies en klein huisies. In baie gevalle is die leefwyse nog tradisioneel en word ambagte soos in vervloë dae beoefen. Onder die plekke wat ons besoek, is verskeie Unesco-wêrelderfenisgebiede. Aangesien 'n kleiner bussie nodig is om op die kleiner paadjies te ry, kan ons net 'n beperkte aantal persone saamneem.


 Nice

 

FRANSE PLATTELAND:
Volleige besonderhede binnekort beskikbaar. (Klik hier vir 2018 se inligting)
Die toer begin in Nice in suidwes-Frankryk. U besoek verskeie kleiner dorpies in die pragtige Franse platteland asook geskiedkundige stede soos Avignon en Nantes. U sien eeue-oue kastele, verskeie Unesco-wêrelderfenisgebiede en proe van Frankryk se bekendste wyne. Die toer eindig in Parys met 'n stadstoer van hierdie romantiese stad. Ons neem slegs 10 persone op hierdie unieke toer.

 

 Kersfeesmark Keulen

EUROPESE KERSFEESTOER: 12 – 27 Desember 2018
Prys: R43 460, plus *verpligte uitgawes van ± R7 760.
Hierdie unieke toer kombineer 'n bootvaart op die Rynrivier, 'n bustoer deur die Swartwoud en vyf nagte se luukse verblyf in die Switserse Alpe. Ons vaar van Rotterdam in Nederland tot by Bonn in Duitsland en beleef onderweg van die mooiste Kersmarkte by die plekke waar ons vasmeer. Ons oornag in die pragtige Middeleeuse dorpie Bernkastel op pad na Titisee-Neustadt in die hart van die Swartwoud, waar ons vir twee nagte tuisgaan. Die Kersfeestoer word in Beatenberg in die Switserse Alpe afgesluit. Twee daguitstappies vanaf Beatenberg na gesogte Switserse toeristebestemmings asook 'n spesiale Oukersaandete word by die toerprys ingesluit. (Gedurende die bootvaart in Nederland en Duitsland word drie etes per dag voorsien en vir die res van die toer daagliks 'n uitgebreide ontbyt en aandete.)

 

Teater met mense PASSIESPEL 2020
Verskeie toerpakkette in kombinasie met Passiespel vanaf Mei - September

           

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

· 

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save


Terug