PORTUGESE PLATTELAND 2018
10 - 26 September
(R52 450 plus reisversekering en *verpligte uitgawes van ongeveer R7 940 per persoon wat deel)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal

Lisbon

Suid-Afrika het geskiedkundige bande met Portugal na aanleiding van die destydse soektog na 'n seeweg rondom die Kaap na die Ooste. Ons sal plekke besoek wat hierdie raakpunte uitlig. Dié land, eens een van Europa se armstes, beleef tans 'n oplewing. In 2017 is Portugal deur die World Travel Awards aangewys as Europa se beste toeristebestemming. Kom reis gerus saam en ontdek hoekom.
Die land bied 'n pragtige en diverse landskap, het 'n ryk geskiedenis en natuurlik heerlike plaaslike kos en wyn. Ons besoek 'n paar stede, maar die toer fokus hoofsaaklik op die kleiner plattelandse plekke wat moeiliker bereikbaar is, maar meer ervarings bied.
Die toer begin in die Portugese hoofstad, Lissabon – een van Europa se oudste stede. Daarna besoek ons Sintra, eens een van die gunsteling somerbestemmings van Portugese konings. Dan volg Alentejo – bekend vir talle argeologiese besienswaardighede asook die vervaardiging van kurk – en Evora, waar ons die Kapel van Bene en Diana se Tempel besoek.
In Arraiolos besoek ons die Kasteel van Arraiolos – een van Portugal se talle kastele – en die Monte de Ravasqueira, 'n groot wynplaas vir 'n wynproe en 'n indrukwekkende versameling van koetse. In Seia besoek ons 'n broodmuseum en ry daarna na die skilderagtige Piodao, waar dit lyk of die kliphuise met hul blou deure en vensterrame verbete aan die berghange vasklou.
Ons besoek ook die beroemde Douro-vallei – 'n Unesco-wêrelderfenisgebied – waar alle druiwe vir die verbouing van portwyn verbou word. Hier onderneem ons onder andere 'n bootvaart om die wingerde teen die steil hange van die rivier af te aanskou.
Ponte de Lima, Portugal se oudste dorp en die Peneda-Geres Nasionale Park, 'n afgeleë deel van Portugal waar die tradisionele lewenswyse bewaar en steeds gepraktiseer word, tel ook onder die besoekpunte op ons toerprogram.
Ons besoek ook Porto, 'n Unesco-wêrelderfenisgebied wat in 2017 vir die derde keer as Europa se beste toeristebestemming aangewys is en die ommuurde Bussaco-woud met 'n indrukwekkende versameling van meer as 700 bome en plante. Baie van dié bome is deur Portugese seevaarders van hul ontdekkingsreise teruggebring.

Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

Douro Vallei Boot

Sintra Paleis Trappe

Pasteie Evora

 


Terug