FRANSE PLATTELAND 2018
15 September – 03 Oktober
(R64 700 plus reisversekering en *verpligte uitgawes van ongeveer R8 120 per persoon wat deel)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal

 

Villandry Kasteel met tuine

 

Om by die heel mooiste plekke op die toerprogram uit te kom, kan 'n mens nie met 'n groot bus ry nie. Ons ry met tye op tweespoorpaadjies en bespreek gevolglik kleiner voertuie vir dié toer. Die kleiner bussies maak die toer nie net meer eksklusief nie, maar ongelukkig ook duurder as wanneer die groep met een groot toerbus sou ry. Toerlede wat die toer die afgelope twee jaar onderneem het, getuig dat dit werklik iets besonders is. U is welkom om oud-toerlede te kontak indien u hulle mening oor dié toer eerstehands wil hoor.Hierby aangeheg volg die volledige inligting oor 2018 se toer deur die Franse platteland.

Baie mense dink dat 'n mens Frankryk gesien het wanneer jy Parys besoek het. Hoe mooi Parys ook al is, is 'n besoek aan die Franse platteland die éíntlike kennismaking met hierdie pragtige Europese land.

Die Franse platteland bied 'n groot verskeidenheid besienswaardighede wat wissel van die allermooiste natuur tot antieke stede en dorpies wat deur eeue heen bewaar gebly het. Daar is die pragtigste kastele en mooiste tuine – as't ware kunswerke uit vergange dae.

Geen wonder so baie van hierdie plekke verskyn op Unesco se lys van Wêrelderfenisgebiede nie.

Die toer begin in die natuurskone Nice aan die Middellandse See in die suidooste van Frankryk. Daarna besoek ons Vence, Aix-en-Provence, Avignon en Dordogne. Ons ry dan na die Loire-vallei van waar ons onder andere Nantes besoek.

In Boergondië, suidoos van Parys, proe ons van die beroemdste Franse wyne.

Ons oornag in Giverny aan die Seinerivier om die laaste dag van ons toer die skilder, Claude Monet, se beroemde tuin te sien. Daarna keer ons terug na Parys vir ons vlug huis toe.

Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

Moulin Rouge

Katedraal Tours

Avignon brug

 

 

 

Save

Save

Save


Terug