RYNVAART 2018
Opsie A: Rynvaart Alleen 02 - 16 Mei
(R41 750 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 000)
Opsie B: Rynvaart en Switserland 02 – 25 Mei
(R62 750 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 700)
Opsie C: Switserland Alleen 14 – 25 Mei
(R32 760 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 650)
(vir meer besonderhede oor hierdie opsie sien Switserland onder Toere)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal

 

Rigoletto Nuut 2

 

Die Rynvaart is Christine van Wyk-Toere se vlagskiptoer sedert dit meer as 35 jaar gelede vir die eerste keer aangebied is. Sedertdien het duisende Suid-Afrikaners hierdie vaart al meegemaak – sommige reeds verskeie kere.

Die Rynvaart begin op 3 Mei in Amsterdam. Die toer eindig in die Swartwoud in Duitsland. Dit is 'n rustige toer en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer. Drie watertand etes per dag op die boot is by die toerprys ingesluit!

Behalwe verskeie hoogtepunte, soos die besoek aan Keukenhof – die wêreld se grootste blomtuin – is daar gedurende die toer genoeg vrye tyd om plekke self te verken.

Besoeke aan Volendam, Keulen met sy indrukwekkende katedraal, die pragtige Rüdesheim, Speyer, Strasbourg en een nag se verbyf in die Swartwoud is by die toerprys ingesluit.

Ons boot vaar op die sogenaamde Kasteelroete van die Ryn – 'n Unesco-wêrelderfenisgebied met talle kastele wat die glorie van weleer in herinnering roep. Ons beleef ook 'n deel van die natuurskone Moeselvallei wanneer ons na die pragtige Middeleeuse stadjie Cochem vaar.

U kan die Ryntoer verleng met 'n besoek aan Switserland of nét Switserland ook as 'n aparte toer besoek.

Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.

Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word.

Ons vertrou dat Ryntoer 2018 weer 'n treffer sal wees!

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Toerprogram
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Terugvoering van toerlede

 

zaanse scans klomp Keukenhof41-Kastele langs Ryn

 

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save


Terug