Venesië, Kroasië, Montenegro, Santorini, Katakolon
MIDDELLANDSE SEEBOOTVAART 2019
(R48 750 plus *verpligte uitgawes)
*Sien Nadere Besonderhede NIE INGESLUIT BY TOERPRYS vir verpligte uitgawes.
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Ons het al 'n paar vorige toere met bote van die Royal Caribbean-vloot onderneem en kan u verseker dat die vaart een groot bederf is.  Die toer sluit verblyf en twee maaltye per dag in Venesië en drie maaltye per dag op die boot in.
Op hierdie toer gaan u luukse weelde ervaar en genoeg tyd hê om te ontspan terwyl u ook die geleentheid gaan kry om van die mooiste plekke aan die Adriatiese See te besoek.  Besoekpunte wissel van antieke stede tot skilderagtige Griekse eilande en die romantiek van Venesië.
U sal merk dat uitstappies wat vanaf die boot onderneem word opsioneel is, aangesien besprekings daarvoor direk aan boord gemaak moet word.  Ons het ongelukkig nie beheer daaroor nie, maar verskaf graag leiding indien u nie die bootuitstappies wil meemaak nie en byvoorbeeld van die eilande/stede op u eie wil verken.
Ons bied privaat besigtigingstoere vir ons groep in Venesië aan, wat by die toerprys ingesluit is.  Dit gee ons geleentheid om saam as groep iets te doen.
Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring