'n Besoek aan Rusland, die land van die "Rooi Gevaar", is ongelooflik. Ons bied in 2019 twee bootvaarte van Moskou na St Petersburg aan.

RUSSIESE BOOTVAART: MOSKOU NA ST PETERSBURG 2019
02 – 15 Junie (R36 675 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 500)
04 – 17 Augustus (R36 675 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R6 500)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Ons bied in 2019 twee bootvaarte van Moskou na St Petersburg aan.  Sien die Nadere Besonderhede en dag-vir-dag-toerprogramme met datums.
'n Besoek aan Rusland, die land van die "Rooi Gevaar", is ongelooflik:  Moskou met die Kremlin, Rooiplein en indrukwekkende ondergrondse stasies en St Petersburg met die weelderige kastele uit die tsaars se tyd en die beroemde Russiese balletgeselskappe laat onvergeetlike indrukke.  Om nie te práát van die rustige bootvaart self en die besoeke aan dorpies langs die magtige waterweg tussen Moskou en St Petersburg nie.
Rusland is heeltemal anders as enige ander Europese land en 'n reis daardeur is 'n besondere belewenis.  Ná 'n kommunistiese bewind van sewentig jaar en die daarmee gepaardgaande agteruitgang, is Rusland deesdae, ten spyte van sanksies, besig om vinnig vooruit te gaan.  Die eeue-oue kultuur van die mense bestaan egter voort en om dít eerstehands te beleef, is waarskynlik een van die grootste trekpleisters van hierdie toer.
Sedert 2001 bied ons jaarliks met groot welslae Russiese bootvaarte aan.  Ons het by meer as een geleentheid 'n hele boot gehuur en in 2019 bied ons met groot vrymoedigheid weer die Russiese Bootvaart aan.  Die saam kuier op Rusland se grootste rivierstelsel gaan 'n fees wees!
Die opwindende bootvaart op die gewilde Wolga-waterweg tussen Moskou en  St Petersburg is 'n fassinerende ervaring.  Dit bied aan toeriste 'n unieke vermenging van wêreldklas besienswaardighede.  Die netwerk van kanale en riviere is 'n ongelooflike ingenieursprestasie en ons vaar oa oor Europa se twee grootste mere.
Terwyl 'n mens in die gerief van 'n drywende hotel ontspan, beweeg die manjifieke en sprokiesmooi Russiese landskap met interessante dorpies uit vergange se dae by jou verby.  Daar is volop geleentheid vir opwindende uitstappies na historiese stede en kulturele besienswaardighede.
Die naam van ons passasiersboot is die MS Repin.  Die buite-kajuite wat ons bespreek het, bied maksimum uitsig deur die groot vensters.  Elke kajuit het 'n private klein badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.  Verder het elke kajuit lugverkoeling (wat individueel gestel kan word), enkelbeddens op grondvlak (nie stapelbedjies nie) en 'n ingeboude kas.  Daar is ook twee junior suites teen 'n bybetaling beskikbaar. 
Behalwe drie volledige etes wat ons per dag geniet, is die volgende ook by die toerprys ingesluit:
Begeleide stadstoer van Moskou wat 'n besoek aan die Rooiplein, die Kremlin en ander besienswaardighede, insluit.
Besoek aan die "Armoury" (Wapenkamer met uistalling van kroonjuwele en skatte van die Tsaars).
Besoek aan Moskou se ondergrondse treinstasies – 'n moet!
Begeleide toere van die dorpies waar ons aandoen.
Shashlyk-piekniek in Mandrogy, indien die weer dit toelaat.
Begeleide stadstoer van St Petersburg.
Besoek aan die Hermitage-museum – 'n hoogtepunt.
Folklore-vertoning in St Petersburg.
Besoek aan Peterhoff.
Besoek aan St Isak-katedraal.
Middagete in 'n tipiese, Russiese restaurant op die laaste dag in St Petersburg.
Kanaalvaart in St Petersburg.
Uitstekende, voltydse Engelssprekende Russiese gids gedurende die toer.
Lesings oor Russiese geskiedenis, kultuur en ekonomie.
Russiese taal- en sanglesse.
Musiekkonserte aan boord.
Kaptein se afskeidsdinee.